Plasings

Wys tans plasings met die etiket SA roadtrip

Week 73 - Terug waar ons begin het...

Prent
Maandag het ons gery van die wildsplaas af naby Queenstown, tot by Maclear. Heelpad in die Ooskaap. Die landskap herinner baie aan dele van Kwazulu Natal en het amper bekend gelyk. Ek het myself misgis met waar Maclear is, want my plan was eintlik dat ons die Naudesnek bergpas moet ry, maar die is baie nader aan Rhodes en sou 'n 2-ure ompad vir ons beteken het. Dit is ook lekker want dit beteken dat ons weer moet teruggaan soontoe. :-) Sonsondergang op die plaas naby Maclear Ons was lanklaas vir sulke lang tye aaneen in die kar. Die kinders het mooi getrou hulle skoolwerk gedoen en ek het vir ons elke nou en dan voorgelees uit 'n boek wat ek in Bathurst gekoop het. Die boek was nie so lekker boeiend soos "Fiela se Kind" of "Kringe in 'n Bos" nie, so die voorlesing was nie juis suksesvol nie. Dit was baie hartseer om die dorpies te sien wat so vuil en afgeskeep is, diere wat verwaarloos wei tussen vullishope en brandsiek brakke wat weggejaag ...

Week 60 - Seemonsters en yswater

Prent
Ons het 'n goeie duik gemaak in Dalene Mathee se "Fiela se Kind" in die Baviaanskloof laasnaweek en ons kon net nie anders as om hierdie Maandag die week te begin met verder lees nie. Dis 'n lekker aktiwiteit wat ons saam kan doen - ons maak beurte om te lees en almal geniet die storie saam. Ons kon onsself heerlik inleef in hierdie boek, want ons het mos gaan stap in die Knysnabos en ons het daai deel van die kus (die Tuinroete) ook lekker verken laasmaand. So teen 10uur Maandagoggend was ons kant en klaar met die boek en met gelukkige harte (want Benjamin weet toe mos wie hy is) spring ons toe weg met skoolwerk en werkwerk. Na werk en skool het ons al die "surfboards" gelaai en see toe gery vir 'n goeie sessie van surf. Ek en Charma het maar voorlangs gespeel terwyl Pieter en Declan dieper ingegaan het. Dit is baie moeilik om met ons sponserige borde deur die sterk golwe te kom tot agter waar mens eintlik moet lĂȘ vir goeie golwe. Dis baie makl...

Week 58 - Oppad na Jeffreysbaai

Prent
Maandag was ek 'n regte slawedrywer. Daar was Wiskunde om gedoen te word. Asseserings en eksamens om te finaliseer. Dan word ek taak-georienteerd, en nie mense-georienteerd nie. Arme kinders :-) Die goeie ding was darem dat ons BAIE mooi gevorder het, EN die huis was skoon, EN almal se magies was vol teen die tyd dat ons bed toe gegaan het. Dinsdag was baie dieselfde, behalwe dat ons ook ver langs die see gaan stap het. Soos om koebaai te sĂȘ. Woensdag was dit ek en Pieter se huweliksherdenking - ons is al 'n hele 15 jaar lank getroud met mekaar :-) Ons het vir die son gaan kyk terwyl hy sak met 'n drankie in die hand en vir mekaar vertel wat ons van elke jaar wat verby is, kan onthou. Dit is interessant hoe mens goeie goed makliker onthou as dit goed gaan met jou. Ons het baie goeie herinneringe, maar hierdie laaste jaar is sover die beste van almal! Donderdag en Vrydag het ons uiteindelik begin pak. Ongelukkig het my innerlike draak weer uitgekom. ...

Week 53 - Ons laaste week in Mosselbaai

Prent
Hierdie week is die begin van ons nuwe jaar op die pad. Baie planne en gedagtes vloei deur ons huis en ons staan verstom met hoe ver ons gekom het. Vandag 'n jaar terug was ons maar nog baie op ons senuwees oor wat vir ons voorlĂȘ en nou kyk ons terug met harte wat oorloop van dankbaarheid. Ons sien uit na die jaar wat voorlĂȘ en die keer is ons meer gerus oor die moontlikhede en avonture wat vir ons wag. By die oorspronklike eerste "poskantoor" in Afrika Hierdie week voel eintlik of dit net te veel en te vinnig was. Maandag het ons die Dias museum gaan besoek en die posboom. Ek dink ons is al OP-ge museumbesoek... dit het net uitgeloop in kinders wat vreeslik honger en dors is, ons wat geirriteerd is met hulle en op die ou einde net een deurjaag-ery van punt tot punt. Iets wat wel BAIE cool was, was die skulp-versameling in een van die geboue daar. Die mooiste skulpe wat ons nog ooit gesien het en hulle name is ook daarby! Charma was sommer teleurgesteld in...

Week 27 in Afrikaans - Cederberge (Kunje Gasteplaas)

Prent
Hierdie week het ons in die Cederberge gebly in 'n eenvoudige huisie op 'n plaas. Ons was weggesteek tussen bome en rotse met baie geheime speelplekke. Daar was so baie dinge op ons lysie wat ons wou gaan kyk as ons in hierdie omgewing is, maar dit wat direk om ons was, was net te aanloklik so ons het die hele week net op die plaas gebly. Oppad hierheen vanaf Lambertsbaai het ons in Clanwilliam gestop en die tronkmuseum en die rooibostee fabriek asook die skoenmaak fabriek besoek. Die plant waarvan rooibostee gemaak word kom natuurlik net in die Cederberge voor. Dit was vir ons baie interessant om te leer hoe die proses werk van die plant tot by die maak van die tee in die boksie. Die fabriekwinkel het 'n lekker "smoothie" van rooibostee wat 'n lafenis was in die amper 40 grade celsius daardie dag! Die skoenfabriek was ook baie oulik- hulle maak regte leerskoene en die hele proses van die leer wat uitgesny word tot waar die sole opgeplak en ge...

Week 26 in Afrikaans - Lambertsbaai

Prent
Lambertsbaai was ons volgende stop. Pieter het vir ons 'n pragtige plekkie bespreek met 'n dakkamer (wat Charma onmiddelik ge"deps" het!) en 2 slaapkamers onder... so hier is slaapplek vir 5 mense maar dis gelys as 'n 4-persoon huisie. Ons huisie in Lambertsbaai Ons was bietjie vroeg al gereed om in te boek want Vredendal is nie so ver van hier af nie en 'n tannie wat hier naby bly (die opsigter) het gou kom kyk of alles reg is vir ons. Sy het baie vinnig gesĂȘ ons moet nie daar bo slaap nie want hulle het al 'n "insident" gehad. Charma se gesiggie het dadelik geval en ek het net vir haar gesĂȘ "sssjjjt" want ek het gedink as sy by Mtunzini nie by die leer afgeval het nie sal sy sekerlik nie by die trappies hier afval nie. Trappies na die boonste kamer Hier is gelukkig 'n Spar hier waar ons inkopies vir die week kon doen en lekker strate vir fietsry (so ons kon redelik "lig" ry van Vredendal af sonder inkopi...