Plasings

Wys tans plasings met die etiket Stellenbosch

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai

Prent
Ons laaste week voor meeste van ons kliënte toemaak vir die kerstyd is gewoonlik maar 'n rowwe week. Almal soek alles op dieselfde tyd want almal wil die week voor kersfees toemaak. Arme Charma het aan die kortste end getrek want ek en Pieter het elke dag van vroegoggend tot laataand gewerk. Gelukkig het sy maatjies gemaak met die bure se dogter en wanneer hulle tuis was kon sy lekker speel. Om dit alles te kroon het Declan (en ons) vreeslik begin verlang en ons het laaaang telefoon gesprekke so gereeld as moontlik deur elke dag gehad om beter te voel. Vrydagmiddag 4uur het ons die rekenaars afgesit en besluit om bietjie te gaan "surf" in Muizenberg. Terwyl ek bietjie weg was laasnaweek het Pieter en Charma ook die area lekker verken en hulle het my al die mooi hoekies en draatjies gaan wys by Kalkbaai, Vishoek, St James, Clovelly, Simonstad en Boulders strand wat hulle ontdek het.  Met die son wat so laat sak hier in die kaap het ons onsself toe heelt...

Week 34 in Afrikaans - Stellenbosch, Franschoek

Prent
Ons week sonder Declan was nogal vreemd. Snaaks hoe hy 'n plekkie vul wat net leeg voel as hy nie daar is nie. Hy het 'n hond uit 'n bos gekuier met sy nefies en niggie en sy hart se tenkie is vol. Op die oomblik kuier hy lekker saam met 'n maatjie in Oos Londen en ons sal hom die naweek weer sien wanneer hulle in die weskaap aankom. Ons kar moes bietjie ingaan vir 'n diens en ons huur toe maar 'n kar vir die dag terwyl hulle aan ons s'n werk. Die naaste plek is Somerset wes en ons besluit toe sommer om 'n dag daarvan te maak en ry deur Strand toe om te kyk hie dit daar lyk. Ons was nie lus vir swem en speel nie en ry toe van daar af deur Franschoek toe vir 'n bjetjie museums en kultuur. Die franse hugenote se nalatenskap is duidelik in hierdie wêreld.  NG Kerk in Franschoek Dis so 'n mooi getuienis van swaarkry wat verander het in voorspoed. Hulle was dapper mense wat hulle God bo alles gestel het en vasgestaan het in die middel van...

Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument

Prent
Hierdie week was nogal besig werksgewys en tussenin het Declan vertrek op wat seker een van die grootste avonture van sy lewe sover is. Hy het al die pad van Stellenbosch af saam met sy niggie gery, oorgeslaap op Beaufort Wes en tot in Pretoria die volgende dag. My mamma hart was maar bekommerd met tye maar tegnologie het my toegelaat om die heeltyd te weet waar hy is (google maps location sharing en natuurlik whatsapp boodskappe). Van daar af was dit 'n effense logistieke uitdaging om hom van punt na punt te kry tussen Donderdag en Maandag waartydens hy darem by 4 maatjies kon speel, en oorslaap by 3 verskillende huise voordat hy Maandagoggend (more) veilig by my sussie sal aankom in Meyerton om verder daar te kuier. Dankie tog vir goeie vriende en familie in Gauteng wat gehelp het met al die reëlings! Nou is dit net ons drietjies wat oor is in Stellenbosch en dit is maar vervelig sonder hom om die minste te sê! Vrydag kon ons onsself darem wegskeur van ons ...

Week 32 in Afrikaans - Laaste week in Langebaan

Prent
As 'n mens so lank by mekaar is, dan vergeet jy soms dis lekker en verbeel jou dan dis sleg. Dit gebeur soms met ons op die toer. (Ja ek weet dit klink onwaarskynlik...) Ons is 24 uur per dag by mekaar. Niks meer "alleen-tyd" as die kinders skooltoe gaan of buitemuurse aktiwiteite doen of watookal ons nog gedoen het toe ons "normaal" was nie. Die huisies waarin ons bly is gewoonlik so klein dat ons nie in die aand (of in die oggend) in die bed net bietjie kan afskakel en re-cap oor die dag se gebeure nie.. soos 'n "wind down" So dit was 'n vars briesie van wonderlikheid toe die kids die week whatsapp videocalls ontdek het. Hulle het ure lank met maats en familie gesels en dit het die hele ondankbare atmosfeer gebreek. Wys jou net hoe nodig mens ander mense het. Ek is BAIE dankbaar vir vriende en familie! Hierdie was ons laaste week in Langebaan. Daar was 'n dringendheid in my hart om die plek uit te put vir wat hy ons kan bied...