Week 34 in Afrikaans - Stellenbosch, Franschoek

Ons week sonder Declan was nogal vreemd. Snaaks hoe hy 'n plekkie vul wat net leeg voel as hy nie daar is nie. Hy het 'n hond uit 'n bos gekuier met sy nefies en niggie en sy hart se tenkie is vol. Op die oomblik kuier hy lekker saam met 'n maatjie in Oos Londen en ons sal hom die naweek weer sien wanneer hulle in die weskaap aankom.

Ons kar moes bietjie ingaan vir 'n diens en ons huur toe maar 'n kar vir die dag terwyl hulle aan ons s'n werk. Die naaste plek is Somerset wes en ons besluit toe sommer om 'n dag daarvan te maak en ry deur Strand toe om te kyk hie dit daar lyk. Ons was nie lus vir swem en speel nie en ry toe van daar af deur Franschoek toe vir 'n bjetjie museums en kultuur. Die franse hugenote se nalatenskap is duidelik in hierdie wêreld. 
NG Kerk in Franschoek

Dis so 'n mooi getuienis van swaarkry wat verander het in voorspoed. Hulle was dapper mense wat hulle God bo alles gestel het en vasgestaan het in die middel van wrede veevolging a.g.v hulle geloof. Ons was hy die monument met al sy simboliek en het deur die museums gestap en al die interessante dinge gelees en gekyk. 

Die ou kerk op Franschoek is ook een van die oudstes in ons land en staan nogsteeds so mooi in die middel van die dorpie met sy klein winkeltjies en kafeetjies langs die strate. Alles is so mooi en skoon en laat ons voel of ons in 'n ander land is.
Hugenote Monument

Charma speel lekker met haar maatjies wat sy hier in die kompleks gemaak het en een van die maatjies se ouers het 'n perdeskool net so voor Jonkershoek hier in Stellenbosch. Hulle het 'n "pony camp" waar hulle in die vakansies kinders besig hou met speletjies en aktiwiteite rondom die perde op die plaas, so Charma het een dag soontoe gegaan. Sy het dit vreeslik baie geniet.


Ek was baie bevoorreg om uitgenooi te word na my oudste sussie se oudste seun se troue Saterdag, en en het opgevlieg daarvoor. Dit was baie spesiaal. (Ek is die jongste van 8 kinders en dit is nou die eerste van die 25 kleinkinders wat trou!). So Pieter en Charma het 'n heerlike naweek gehad van strand tot strand, ek het heerlik gekuier met familie die naweek in Nelspruit en Declan het sy hart uitgespeel in Oos Londen! Ons was letterlik die land vol!



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Finding King Shaka's Isivivane

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai