Week 39 in Afrikaans... Muizenberg, surf, en Kalkbaai

"The Mud Hut" in Capri wat ons deur Airbnb bespreek het


Ons bly soos konings op ons heuwel in die paleis hier in Capri. Elke oggend kyk ons uit oor die buurt en Noordhoek strand in die verte met 'n lekker koppie koffie in die hand. Ons gasvrou bring gereeld vir ons varsgebakte muffins of koekies en vir die eerste keer in langer as 'n jaar het ons iemand wat die huis kom skoonmaak eenkeer per week. Dit is so lekker dat Pieter begin kyk droom om permanent hier te kom bly… (maar ons sal nie rerig nie!)
Dit was BAIE mistig gewees op Tafelberg, maar nogsteeds 'n belewenis!

Maandag oggend het ons afgestap van Tafelberg af en lekker moeg teruggekom na ons huisie toe. Dit is die lekkerste moeg as mens so in de berge gestap het... ek lees die week 'n ding wat John Muir geskryf het en dit is presies hoe ek voel:

Hiking - "I don't like either the word or the thing. People ought to saunter in the mountains - not hike! Do you know the origin of that word 'saunter?' It's a beautiful word. Away back in the Middle Ages people used to go on pilgrimages to the Holy Land, and when people in the villages through which they passed asked where they were going, they would reply, 'A la sainte terre,' 'To the Holy Land.' And so they became known as sainte-terre-ers or saunterers. Now these mountains are our Holy Land, and we ought to saunter through them reverently, not 'hike' through them."
- John Muir

Die 15de Januarie was die afsnydatum vir "employment equity" verslae om in te wees, so daar het ’n berg werk vir my voorgelê wat ek moes klaarmaak. Pieter het die kinders gevat en gaan swem by die “Dalebrook Tidal Pool” in Kalkbaai om vir my “dink” spasie te gee. Net toe hulle klaar geswem het en begin wegry toe sien hulle ’n kar wat ge “hijack” word sommer so reg voor hulle! Dit was ’n groot opwinding vir die kinders wat ons nou nog peper met vrae oor die vreeslike ding wat gebeur het! (Niemand het seergekry nie, dis net die kar wat gevat is)
Muizenberg

Ek het darem my verslag betyds ingedien gekry en om dit te vier het ons weer gaan “surf” op Muizenberg. Dit word vinnig een van ons gunsteling plekke. Die branders raak soms rof, maar is altyd lekker om in te speel. Dit voel ook veilig want die lewensredders is baie sigbaar en daar is “shark spotters” wat ’n alarm laat afgaan as daar ’n haai in die water is. Die water is ook glad nie so koud soos dit hier op die weskus veronderstel om te wees nie.
Noordhoek Strand

Met die baie speel in die see raak dit vir my moeilik om fotos te neem en my metode om my week te meet deur na die hoeveelheid fotos te kyk wat ek geneem het werk glad nie meer nie. Ons gryp elke moontlike oomblik wat ons het om te gaan branderplank ry, en dit is so lekker. Ons het die strande by Kommetjie en Noordhoek wat nader is aan waar ons bly ook gaan verken, maar Muizenberg bly ons gunsteling.
Dorpsmuseum op Simonstad

Vrydag was ’n lekker reënerige dag hier by ons en ons het sommer net gaan rondloop in Simonstad. Ons was in die dorpsmuseum endie Vlootmuseum waar ons geleer het van ’n hond “Just Nuisance” wat gedurende die 2de wêreld oorlog ’n paar dapper dinge gedoen het.. soveel so dat hulle vir hom ’n standbeeld opgerig het in die hawe. Die hoogtepunt van die dag vir die kinders was dat ons munte op die treinspoor by Kalkbaai gesit het wat platgery was!
Mooiste winkeltjies in Kalkbaai

Gister het ons die parkrun gaan doen in Stellenbosch en van daar af weer… jip…. Muizenberg toe. Die. Hele. Dag. Lank.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 53 - Ons laaste week in Mosselbaai