Plasings

Wys tans plasings met die etiket Buffelsbaai

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st...

Week 56 - Lekkerte op lekkerte

Prent
Maandag moes ons so paar werkies afhandel vir ons kliënte en toe het ons so net na middag-ete gery na die Keurboom Natuurreservaat hier naby Plett. Met 'n bootjie die Keurboomsrivier op Ons het die aand slaapplek bespreek in die Whiskey Creek hut in die natuurreservaat. Om by die hut uit te kom moet 'n mens 7km met kano's roei en dan so paar honderd meter van waar ons die bootjies kon los, stap. Dit is die beste om in en uit te roei wanneer dit hoogwater is, want anders kan jy nie regtig oor party van die dele roei nie omdat dit te vlak is. Die mooiste tonele het ons omring soos ons geroei het. Digte bome teen die berghange (met name wat ek al geleer het en al klaar weer vergeet het)... GROOT bome, bome met baarde, bome met rooi stamme en bome met klein blommetjies op. Dan was daar ook grotte. Groot grotte met diertjie spore vooraan op die sand, klein grotte wat lyk soos voëlneste, groter grotte wat lyk asof iemand een van die dae gaan sê ons voorouers het daar...