Plasings

Wys tans plasings met die etiket Franschoek

Week 34 in Afrikaans - Stellenbosch, Franschoek

Prent
Ons week sonder Declan was nogal vreemd. Snaaks hoe hy 'n plekkie vul wat net leeg voel as hy nie daar is nie. Hy het 'n hond uit 'n bos gekuier met sy nefies en niggie en sy hart se tenkie is vol. Op die oomblik kuier hy lekker saam met 'n maatjie in Oos Londen en ons sal hom die naweek weer sien wanneer hulle in die weskaap aankom. Ons kar moes bietjie ingaan vir 'n diens en ons huur toe maar 'n kar vir die dag terwyl hulle aan ons s'n werk. Die naaste plek is Somerset wes en ons besluit toe sommer om 'n dag daarvan te maak en ry deur Strand toe om te kyk hie dit daar lyk. Ons was nie lus vir swem en speel nie en ry toe van daar af deur Franschoek toe vir 'n bjetjie museums en kultuur. Die franse hugenote se nalatenskap is duidelik in hierdie wêreld.  NG Kerk in Franschoek Dis so 'n mooi getuienis van swaarkry wat verander het in voorspoed. Hulle was dapper mense wat hulle God bo alles gestel het en vasgestaan het in die middel van...