Plasings

Wys tans plasings met die etiket Namakwaland

(Week 22 in Afrikaans) - Port Nolloth, Goegap Natuurreservaat en laaste week in Springbok :-)

Prent
Port Nolloth was so mooi dat ons Maandag besluit het om nog 'n aand daar oor te slaap. Ons het toe in McDougal's baai geslaap so klipgooi van daar af. Ons huisie op Mcdougalsbaai Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesê hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lê met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie. Dit was hemels. Jag vir pampoenskulpies Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het....

(Week 20 - In Afrikaans) - Van Noordwes tot in die Noordkaap

Prent
As ons Sondag soos kinders gevoel het met ons gespelery by Sun City dan het ons lywe ons Maandag goed herinner dat ons nie meer 10 is nie! (Dit tel nou net vir my en Pieter, natuurlik). Die Pilanesberg natuurreservaat het ons verras met 3 leeuwyfies langs die pad. Ons het stilgehou en hulle seker 'n goeie uur lank dopgehou. Al drie was baie wakker en besig om iets stip dop te hou. Die een wyfie het toe opgestaan en met haar kop laag en nek lank in die rigting in beweeg wat hulle 3 dopgehou het.  Daar was blouwildebeeste in daai rigting en dit het gelyk asof sy hulle gaan aanjaag van daardie kant af in die rigting van die ander 2 wyfies wat intussen ook nader begin beweeg het. Dit is darem maar mooi om die reuse katte dop te hou in aksie, die interessante ding was ook om te sien hoe ingestel hulle op mekaar ook is.  Hulle het lank so in eenheid beweeg, die voorste leeu wat met 'n wye draai loop om die blouwildebeeste in die regte rigting te forseer, en ...