Plasings

Wys tans plasings met die etiket Cederberge

Week 31 in Afrikaans - Cederberge (Kromrivier Cederbergpark)

Prent
Die hoeveelheid fotos wat ek neem lyk soms vir my direk verwant aan hoe goed (of opwindend?) my dag was. Maandag tot Donderdag het ek 35 fotos geneem. Van Vrydag af is daar oor die 500 fotos wat besig is om op te laai na google photos toe. Ek gaan julle vertel van ons week van Vrydag af. Ons het vroeg opgestaan en gepak vir ons naweek Cederberge toe! Die keer het ons 2 nagte bespreek op die plaas Kromrivier wat naby mooi klimroetes is en ook naby die bekende Maltese kruis. Oppad soontoe het ons deur Moorreesburg gery en omdat Pieter moes werk doen het ons gou gestop by die Koring museum.  Daarvandaan het ons gery tot by Piketberg wat 'n pragtige dorpie is met so geskiedkundige roete soos wat ons gestap het toe ons in Barberton was. Ons het vinnig in Citrusdal gestop vir brandstof en die pad verder gery dieper in die Cederberge in. Die vrou by wie ons bespreek het, het ons gewaarsku dat daar geen brandstof of selfoon opvangs hier is nie. Die laaste ent is 'n...

Week 27 in Afrikaans - Cederberge (Kunje Gasteplaas)

Prent
Hierdie week het ons in die Cederberge gebly in 'n eenvoudige huisie op 'n plaas. Ons was weggesteek tussen bome en rotse met baie geheime speelplekke. Daar was so baie dinge op ons lysie wat ons wou gaan kyk as ons in hierdie omgewing is, maar dit wat direk om ons was, was net te aanloklik so ons het die hele week net op die plaas gebly. Oppad hierheen vanaf Lambertsbaai het ons in Clanwilliam gestop en die tronkmuseum en die rooibostee fabriek asook die skoenmaak fabriek besoek. Die plant waarvan rooibostee gemaak word kom natuurlik net in die Cederberge voor. Dit was vir ons baie interessant om te leer hoe die proses werk van die plant tot by die maak van die tee in die boksie. Die fabriekwinkel het 'n lekker "smoothie" van rooibostee wat 'n lafenis was in die amper 40 grade celsius daardie dag! Die skoenfabriek was ook baie oulik- hulle maak regte leerskoene en die hele proses van die leer wat uitgesny word tot waar die sole opgeplak en ge...