Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2021

Solo stap op die berg

Prent
My skoonpa-hulle het 'n plaas in Kwazulu Natal. Hulle bly in die "ark" - 'n plek wat omring is deur berge. Die berge is deel van die Drakensberg-reeks, maar dit is nie die Drakensberge wat almal aan dink van die "instagram-posts" nie. In hierdie wêreld is die landskappe plase, maar eerder as landbou is dit meestal beesboerderye. Die beeste loop paadjies uit in die klowe en op die kruine van die berge en daar is baie fonteine en spruite en watervalle wat nie op googlemaps se voorstelle sal opkom as jy staproetes soek vir die dag nie. Ek het al dikwels so op die stoep gesit en staar vir die mooi landskap en gedink om myself voor te neem om op elke berg of bult wat ek van die huis af kan sien, te kan staan eendag. Ek hou van stap. Nie dat ek vreeslik "hard core" is nie. Ek hou net van die gevoel van stadig maar seker hoër en hoër teen die steiltes uitsukkel en dan uiteindelik beloon te word met 'n mooi uitsig. 'n Ander gesigspunt. 'n Nuwe

Die Pienk Boei

Prent
Declan is nou 13. Hier aangekom in Jbay besef ek dat die volgende paar jaar 'n nuwe tipe avontuur vir ons almal gaan inhou. Die golfies in die see is maar klein die week hier in die Jbay (soos dit maar is in die somermaande) so daar word branderplank gery - maar nie so baie soos voorheen nie. Dit is ook maar goed vir ons Cloetes, want 2 maande weg van die see af laat jou selfvertroue vlakke in die water maar bietjie daal. (Of dalk "sink" dit eerder in water?) So gaan sit ons noudiedag - noudat oom Cyril die strande weer oopgemaak het - op die strand vir 'n "sundowner"-tjie, en sommer ook 'n vinnige swem. Die meisies dip net so vinnig in die vlak water, maar die manne besluit om dit dieper in te durf. So hou ek hulle dop - ek en Pieter en Candice sit op die strand en gesels, terwyl Corné, sy seun en Declan swem.  Alhoewel die see nie te rof was nie, was ek onseker of my seun so ver kan swem. 'n Mens verdrink mos gewoonlik in die see omdat jy uitgeput