Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai
Maandag moes ek vroeg opstaan en betyds wees vir 'n vergadering in Johannesburg. Ek en Charma het mos oorgeslaap by my ma-hulle in Daleside nadat ons deurgevlieg het Johannesburg toe die vorige Saterdag (sien laasweek se blog hier ) Ek het gereken 'n uur sal meer as genoeg wees om die skamele 67 km te ry soontoe. Die vergadering het immers eers 9uur begin. Maar ek het dit ongelukkig onderskat. Gauteng se verkeer: 1. Rut: 0 Pieter se uitsig vs my uitsig Dinsdag middag Ek was dus laat vir my vergadering. Die res het heel goed afgeloop en die rytyd terug was 40 minute. Ek het by my sussie in Meyerton gaan kuier en ons was in die wolke oor al die familie wat ons so lank terug laas gesien het. Dinsdag oggend se vergadering was darem eers geskeduleer vir 10uur. Ek was die keer vroeg en die vergadering het ook heel goed afgeloop. (Rut: 1 Gauteng verkeer: 0) Ek het die nuwe toevoeging tot ons werk-familie gaan ontmoet (Connor is in Oktober laasjaar gebore!) en toe het ...