(Week 16 in Afrikaans) - Terug op die plaas
Vir die eerste keer in 16 weke het ons 'n redelike "normale" week gehad. Ons is weer hier op die plaas uitgespan, en dit voel amper of ons 'n breek het van ons toer. (Nie dat ons dit nodig het nie!) Ek het die week lekker tyd gehad om skool te gee en bietjie op te vang waar nodig. Dit lyk in die nuus asof ons regering wil stywer beheer neem oor die tuisskolers ook en ek is 2 keer gekontak deur die departement van onderwys vir dokumente wat blykbaar nie ontvang is deur hulle toe ek geregistreer het as tuisskoler nie (alhoewel my applikasie volledig was). My liefste dogtertjie se oorbelletjies wat sy vir haar verjaardag gekry het se stoppertjie het binne in haar een oor vasgesit. Dit het my amper 2 weke geneem om agter te kom... ek dog net dis snaaks dat die oorbelletjie so vassit... eers toe ek uiteindelik die oorbelletjie uit het toe besef ek die rubber stoppertjie is wat hom so vasgehou het... Dit moes toe natuurlik ook uit en na 'n paar dae lank se gesp...