Plasings

Wys tans plasings met die etiket Botaniese Tuine

(Week 18 in Afrikaans) - In Nelspruit

Prent
Ons het heeltemal te lank in KZN gebly. Dit en die feit dat ons al maande terug ons maand in Springbok bespreek en betaal het, maak dat ons baie min tyd in Mpumalanga en Limpopo het. Daar lê vir ons 2000km voor om van bo in Limpopo tot in Springbok te kom aan die einde van die maand en ons wil dit nie in een dag ry nie. Ons lysie van goed wat ons hier wil doen is eintlik lank, maar ons het hom gebêre en 'n verkorte weergawe aanmekaar gesit omdat ons so min tyd hier het. Ons tydjie in Marloth Park was heerlik.  Mens hoef amper nie eers in die Kruger wildtuin in te ry om diere te gaan sien nie, jy kan net daar rondom jou huisie bly dan kom die diere na jou toe. Vlakvarke en blouwildebeeste het ons by die voordeur ingewag in die oggend en die diere was bly as ons in die aand 'n lekker vuurtjie maak om gesellig by hulle te sit en kuier. Die wildtuin was ook heerlik. Die koerant artikels wat gewaarsku het dat mens moet bespreek om in te gaan by die hekke en da...