Plasings

Wys tans plasings met die etiket Mcdougallsbaai

(Week 22 in Afrikaans) - Port Nolloth, Goegap Natuurreservaat en laaste week in Springbok :-)

Prent
Port Nolloth was so mooi dat ons Maandag besluit het om nog 'n aand daar oor te slaap. Ons het toe in McDougal's baai geslaap so klipgooi van daar af. Ons huisie op Mcdougalsbaai Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesê hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lê met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie. Dit was hemels. Jag vir pampoenskulpies Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het....