Plasings

Wys tans plasings met die etiket surf

Week 64 - 'n Nuwe surfboard en ander olifantstories

Prent
Die weer het begin draai Sondag toe die pro's begin opwarm het vir die kompetisie wat hierdie week begin het. Die wind het versriklik gewaai en die golwe het baie groot geword. Dit is nie goed vir mens se selfbeeld as jy probeer om sulke golwe te ry as jy nog nie eers kleiner golwe mooi kan ry nie. Pieter het nie daai problem probleem nie. Hy ry sommer enige golf! Die mooiste sonsopkoms! Maandag het die golwe - snaaks genoeg - BAIE klein geword en mense wat nooit by Point en Boneyards "surf" nie, het daar rondgehang. Dit het so lekker gelyk dat Declan en sy maatjie Jack sommer ook uitge"paddle" het daar. Hulle het nou nie enige golwe gery nie, maar net die feit dat hulle daar op die rotsrif in en uitgegaan het, is nogal baie indrukwekkend. (Net vir die wat wonder - Pieter het wel saam met hulle uitgegaan) Dinsdag het die Corona Jbay Open offisieel begin. Groot opwinding! Ons het ons "apps" afgelaai op ons fone, en vroegoggend al die boodskap...

Week 63 - "Surf"-mal

Prent
Die rede hoekom ons blog vanaand so laat is, is omdat ons so lekker gekuier het met ons maatjies van Hermanus af :-). Hulle het al die pad gekom om met ons te kom kuier (en bietjie te werk ook) en dit is so lekker om hulle weer te sien. Jack, Charma, ek en Sandy Daar is min dinge so lekker soos om vordering te toon. Ons voel dit duidelik met die branderplank-ryery. Elke een van ons is op ons eie vlak, en vorder teen 'n ander tempo, maar een ding het ons almal in gemeen. Ons vorder :-) Ek en Pieter met ons nuwe "Changing Towels" van my skoonma Annette af Maandag het ons getrek van ons een huisie in Jeffreysbaai na ons ander een. Die nuwe een is baie nader aan Albatros-strand (nie die hoofstrand nie) en Pieter het opgewonde kom vertel dat die golwe BAIE mooi lyk die oggend. Ons moes ongelukkig eers klaar trek (en skoonmaak) voor ons kon "surfboards" laai en gaan, so ons het so bietjie van die oggend "gemors" in daardie opsig. Albatros...

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st...

Week 29 in Afrikaans - Langebaan

Prent
Die strandmeer hier in Langebaan is 'n pragtige plek. Ons stap graag so teen die strand af al langs die meer of vat ons koppie koffie en gaan sit op die bankie wat uitkyk oor die water. Daar is 'n eiland reg voor ons wat "Schaapeneiland" genoem word en dit lyk asof dit lekker sal wees om rondom hom te swem een dag. Die robbe kom speel ook gereeld hier in die rustiger water en wanneer die wind opsteek (soos dit elke dag doen) is die kite-surfers volop. Die wind waai omtrent altyd en dit vat tyd om gewoond te raak aan die koue (van die wind) so deur die hitte (van die son)... alhoewel die water hier baie warmer is as by enige van die ander weskus strande hier rond. Woensdag het Pieter summier besluit ons moet 'n surfboard gaan koop, en ons pak toe die amper 2 ure se ry aan na Blouberg toe. Ons sal uiteindelik almal graag wil probeer om te surf, en daarom was dit nodig dat die bord nie net groot genoeg sal wees vir Declan nie, maar ook vir Pieter moet kan hou....