Plasings

Wys tans plasings met die etiket Parkrun

(Week 13 - In Afrikaans) - Ons is in Mtunzini

Prent
Mtunzini is eintlik baie naby aan Tugela Mouth, so toe ons 10uur Maandagoggend daar wegtrek het ons lank voor 2uur hier aangekom, selfs met die stop tussenin in Richardsbaai om die wiel reg te maak en inkopies te doen. Ek het nie gedink ons sou vroeĆ«r kon inkom as 2uur nie maar die mense was vriendelik en het ons ingelaat. Die lekkerte waarna ons almal uitgesien het was dat ons weer bietjie my ma en pa sal sien, en NOG 'n bonus was dat die kids se nefie Nikolai ook saam sou kom!  Ons kom nou al die laaste 7 jaar omtrent elke jaar saam met my ma hulle hierheen in die winter vakansie. Terwyl dit onder vriespunt is in Gauteng, loop ons dan lekker met kortmoue rond hier by die see. Ons is feitlik binne in 'n natuurreservaat (Umlalazi) en die natuurlike woud wat elke houthuisie omring laat dit voel asof jy nie naby ander mense is nie. Toe ons die eerste keer in hierdie houthuisies gebly het, was een van Declan se gunsteling stories "Die 3 klein varkies". Ons het hard...