So, ons voel heel tevrede met ons groentetuintjie. Dit is bietjie motivering om voor die rekenaar-skerm uit te skuif en buite in die son te wees saam met die kinders, dit is bietjie fisiese oefening (het daai een BAIE nodig!) en dit help ons om weer bietjie groente te eet. (alhoewel dit my nou huidiglik inspireer om daaroor te sit en "blog"!) Pieter het 'n "kick-ass" beesvleis pastei resep uitgedink, en ons is van plan om elke Vrydag-aand (sover ons kan) mense oor te nooi vir ete. Dis 'n jammerte dat ek nie foto's geneem het van die ete's wat nou al verby is, maar nouja, miskien sal party van ons gaste verlig wees om nie op die internet op 'n blog te wees nie! Ons eerste "wortel-oes" Ons wortel-bedding gee vir my baie vreugde :-). Nikolai en Deci het dit gehelp plant, en ons het toe nie geweet dat jy die wortels moet meng met 'n bietjie grond nie, so ons wortels is nogals baie "crowded", maar daar is tog so paa