Declan is nou 13. Hier aangekom in Jbay besef ek dat die volgende paar jaar 'n nuwe tipe avontuur vir ons almal gaan inhou. Die golfies in die see is maar klein die week hier in die Jbay (soos dit maar is in die somermaande) so daar word branderplank gery - maar nie so baie soos voorheen nie. Dit is ook maar goed vir ons Cloetes, want 2 maande weg van die see af laat jou selfvertroue vlakke in die water maar bietjie daal. (Of dalk "sink" dit eerder in water?) So gaan sit ons noudiedag - noudat oom Cyril die strande weer oopgemaak het - op die strand vir 'n "sundowner"-tjie, en sommer ook 'n vinnige swem. Die meisies dip net so vinnig in die vlak water, maar die manne besluit om dit dieper in te durf. So hou ek hulle dop - ek en Pieter en Candice sit op die strand en gesels, terwyl Corné, sy seun en Declan swem. Alhoewel die see nie te rof was nie, was ek onseker of my seun so ver kan swem. 'n Mens verdrink mos gewoonlik in die see omdat jy uitgeput ...