Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2019

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st

Week 56 - Lekkerte op lekkerte

Prent
Maandag moes ons so paar werkies afhandel vir ons kliënte en toe het ons so net na middag-ete gery na die Keurboom Natuurreservaat hier naby Plett. Met 'n bootjie die Keurboomsrivier op Ons het die aand slaapplek bespreek in die Whiskey Creek hut in die natuurreservaat. Om by die hut uit te kom moet 'n mens 7km met kano's roei en dan so paar honderd meter van waar ons die bootjies kon los, stap. Dit is die beste om in en uit te roei wanneer dit hoogwater is, want anders kan jy nie regtig oor party van die dele roei nie omdat dit te vlak is. Die mooiste tonele het ons omring soos ons geroei het. Digte bome teen die berghange (met name wat ek al geleer het en al klaar weer vergeet het)... GROOT bome, bome met baarde, bome met rooi stamme en bome met klein blommetjies op. Dan was daar ook grotte. Groot grotte met diertjie spore vooraan op die sand, klein grotte wat lyk soos voëlneste, groter grotte wat lyk asof iemand een van die dae gaan sê ons voorouers het daar

Week 55 - Lekker by die see

Prent
Maandag het ons die langpad huistoe gekies van de Vlugt af. Ons wou net nog bietjie die na-smaak van die rustigheid op die plaas langer laat hou en daarom het ons terugpad nie net 'n uur geneem soos vir gewone mense nie. Nee - ons het 8 ure geneem om weer terug te kom in Plett.  The road less travelled by has made all the difference xxx Ons het opgery met die Prins Alfred pas tot op Avontuur. Van daar af is ons Uniondale toe waar ons honger geword het en ons padkos geëet het by die ou NG kerkie. Met die Swartberge aan ons een kant en die Outeniqua berge aan die anderkant is ons toe tot by de Rust waar ons bietjie in winkeltjies rondgeloop het en nie kon nee sê vir 'n lekkernytjie hier en 'n mooi prentjie daar nie. 'n Oom in een van die winkeltjies het so baie van Declan ("die seun het sulke mooi maniere!") gehou dat hy vir hom 'n vlieer gegee het! Iewers oppad na de Rust toe In Oudtshoorn het ons gestop vir 'n lekker koppie kof

Week 54 - Oppad na Plett

Prent
Maandag (laasweek) het ek uiteindelik my sin gekry om Oudtshoorn toe te gaan. My lysie was nogsteeds net die 3 goed: 1. Langenhoven se huis 2. Die Kango-grotte 3. 'n Volstruisplaas Kyk hoe lê die wolk op Mosselbaai Ons het vroeg opgestaan sodat ons so 7uur kan wegkom. Maar soos dit maar gebeur op maandeindes... kom daar toe werk in. Pieter het probeer so goed as wat hy kon, maar op die ou einde het hy maar gebly en gewerk terwyl ek en die kinders gery het. Daar het 'n wolk oor Mosselbaai kom lê wat alles koud en nat gemaak het, maar net soos ons deur die Robinson-pas gery het, was dit asof ons 'n ander kontinent binnegery het. Dit was vrek warm daar. By Herrie die olifant Ons eerste stop was CJ Langenhoven se huis - "Arbeidsgenot". Ek het so rukkie terug "Sonde met die Bure" klaar gelees en lees nou so tussenin "Herrie op die ou Tremspoor". Ek is mal oor sy stories en alhoewel ek graag al vir die kinders wou voorlee