Week 59 - Jeffreysbaai en die Baviaanskloof
Jeffreysbaai is baie groter as wat ons gedink het dit sal wees. Hier is baie strande en hulle almal is vol van die mooiste skulpe. Pienkes en rooies en wittes. Skulpe wat draai en skulpe wat plat is en skulpe met tande. Hier is 'n skulpwinkel met skulpe in wat jy meestal self hier op die strand kan optel. Hier is ook 'n skulpie-museum wat ons net MOET gaan besoek al is almal reeds keelvol vir museums. 'n Mooi sonsondergang by "Supertubes" Ons het kalenders opgestel vir die maand, en roosters vir skoonmaak en kosmaak. Die kinders vorder mooi met hulle kwartaalwerk en ons gaan dit so bietjie rek om die hele maand lank skool te hê. Dan kan ons miskien die hele Julie-maand vakansie hê. Maandag se groot opwinding was dat Charma haar eie surfboard sou kry. Declan kom al baie mooi reg op sy "pro-surfboard", Pieter lyk al goed op sy "fish" en ek geniet nog die "soft-top-beginner surfboard". So nou is dit Charma se beurt. Die een wat...