Plasings

Wys tans plasings met die etiket kinders

Week 73 - Terug waar ons begin het...

Prent
Maandag het ons gery van die wildsplaas af naby Queenstown, tot by Maclear. Heelpad in die Ooskaap. Die landskap herinner baie aan dele van Kwazulu Natal en het amper bekend gelyk. Ek het myself misgis met waar Maclear is, want my plan was eintlik dat ons die Naudesnek bergpas moet ry, maar die is baie nader aan Rhodes en sou 'n 2-ure ompad vir ons beteken het. Dit is ook lekker want dit beteken dat ons weer moet teruggaan soontoe. :-) Sonsondergang op die plaas naby Maclear Ons was lanklaas vir sulke lang tye aaneen in die kar. Die kinders het mooi getrou hulle skoolwerk gedoen en ek het vir ons elke nou en dan voorgelees uit 'n boek wat ek in Bathurst gekoop het. Die boek was nie so lekker boeiend soos "Fiela se Kind" of "Kringe in 'n Bos" nie, so die voorlesing was nie juis suksesvol nie. Dit was baie hartseer om die dorpies te sien wat so vuil en afgeskeep is, diere wat verwaarloos wei tussen vullishope en brandsiek brakke wat weggejaag ...

Week 63 - "Surf"-mal

Prent
Die rede hoekom ons blog vanaand so laat is, is omdat ons so lekker gekuier het met ons maatjies van Hermanus af :-). Hulle het al die pad gekom om met ons te kom kuier (en bietjie te werk ook) en dit is so lekker om hulle weer te sien. Jack, Charma, ek en Sandy Daar is min dinge so lekker soos om vordering te toon. Ons voel dit duidelik met die branderplank-ryery. Elke een van ons is op ons eie vlak, en vorder teen 'n ander tempo, maar een ding het ons almal in gemeen. Ons vorder :-) Ek en Pieter met ons nuwe "Changing Towels" van my skoonma Annette af Maandag het ons getrek van ons een huisie in Jeffreysbaai na ons ander een. Die nuwe een is baie nader aan Albatros-strand (nie die hoofstrand nie) en Pieter het opgewonde kom vertel dat die golwe BAIE mooi lyk die oggend. Ons moes ongelukkig eers klaar trek (en skoonmaak) voor ons kon "surfboards" laai en gaan, so ons het so bietjie van die oggend "gemors" in daardie opsig. Albatros...

Week 42 in Afrikaans - Onrus, Stellenberg en Gansbaai

Prent
Maandag oggend het ons wakker geword en - net so - is die reën weg en die son is uit. 'n Perfekte dag vir buite speel. Charma het 'n hele lysie van goed neergeskryf wat ons moet doen. Die eerste een was om die paadjie te gaan stap en in die poel te gaan swem. Al was die son uit, was die water YSKOUD... maar ons is in, en in die proses het ons sommer mooi skulpe ook opgetel. Die Davies Poel Dit is toe egter Maandag in die regte lewe en dus moes daar darem gewerk word ook, so na 'n lekker ontbyt is dit toe boeke toe met ons waar die kinders moes leer van "tornados" en "hurricanes" en in Wiskunde moes ons breuke en somme doen vir 'n vale... teen middagete was ons moeg vir die klomp werk en besluit toe om sommer weer te gaan swem. Die keer stap ons ook verder af met die paadjie tot by die Onrus se strand waar Pieter en Declan intussen opgedaag het met die "surfboards" en die "boogie boards". Onrus Strand Onrus se st...

Week 40 in Afrikaans - Bainskloof se klipspringer staproete en snotneuse

Prent
Die "St James Walkway" van Kalkbaai tot in Muizenberg Daar is ’n paadjie al langs die see van Kalkbaai tot in Muizenberg. Die treinspoor loop ook langsaan en die pad vir die karre ook. Die stap-paadjie is teen die see en word deur die bosse en die treinspoor geskei van die grootpad. Dit is omtrent 2,5 km ver van Kalkbaai tot in Muizenberg en die paadjie is ’n gunsteling regdeur die dag vir drawwers en stappers. Om "op te warm" voor ons gaan “surf” in Muizenberg, stap ek van Kalkbaai af Muizenberg toe. Die beste tye sover vir branderplankry is vroeg in die oggend, en daarom dat ons so vroeg opgestaan het daarvoor. Iets anders wat die week "opgestaan" het, was die wind. Aanhoudend. So buite speel (behalwe vroegoggend surf) was daar nie baie van nie, maar skoolwerk wel :-). Na ons vroegoggend ge”surfery” en die wind... het ons al 4 ewe skielik hierdie week siek geword. Dis die eerste keer op ons padrit wat ons siek was (is dit nie amazing nie?!). On...

Week 39 in Afrikaans... Muizenberg, surf, en Kalkbaai

Prent
"The Mud Hut" in Capri wat ons deur Airbnb bespreek het Ons bly soos konings op ons heuwel in die paleis hier in Capri. Elke oggend kyk ons uit oor die buurt en Noordhoek strand in die verte met 'n lekker koppie koffie in die hand. Ons gasvrou bring gereeld vir ons varsgebakte muffins of koekies en vir die eerste keer in langer as 'n jaar het ons iemand wat die huis kom skoonmaak eenkeer per week. Dit is so lekker dat Pieter begin kyk droom om permanent hier te kom bly… (maar ons sal nie rerig nie!) Dit was BAIE mistig gewees op Tafelberg, maar nogsteeds 'n belewenis! Maandag oggend het ons afgestap van Tafelberg af en lekker moeg teruggekom na ons huisie toe. Dit is die lekkerste moeg as mens so in de berge gestap het... ek lees die week 'n ding wat John Muir geskryf het en dit is presies hoe ek voel: Hiking - "I don't like either the word or the thing. People ought to saunter in the mountains - not hike! Do you know the origin of that ...

Week 32 in Afrikaans - Laaste week in Langebaan

Prent
As 'n mens so lank by mekaar is, dan vergeet jy soms dis lekker en verbeel jou dan dis sleg. Dit gebeur soms met ons op die toer. (Ja ek weet dit klink onwaarskynlik...) Ons is 24 uur per dag by mekaar. Niks meer "alleen-tyd" as die kinders skooltoe gaan of buitemuurse aktiwiteite doen of watookal ons nog gedoen het toe ons "normaal" was nie. Die huisies waarin ons bly is gewoonlik so klein dat ons nie in die aand (of in die oggend) in die bed net bietjie kan afskakel en re-cap oor die dag se gebeure nie.. soos 'n "wind down" So dit was 'n vars briesie van wonderlikheid toe die kids die week whatsapp videocalls ontdek het. Hulle het ure lank met maats en familie gesels en dit het die hele ondankbare atmosfeer gebreek. Wys jou net hoe nodig mens ander mense het. Ek is BAIE dankbaar vir vriende en familie! Hierdie was ons laaste week in Langebaan. Daar was 'n dringendheid in my hart om die plek uit te put vir wat hy ons kan bied...

Week 31 in Afrikaans - Cederberge (Kromrivier Cederbergpark)

Prent
Die hoeveelheid fotos wat ek neem lyk soms vir my direk verwant aan hoe goed (of opwindend?) my dag was. Maandag tot Donderdag het ek 35 fotos geneem. Van Vrydag af is daar oor die 500 fotos wat besig is om op te laai na google photos toe. Ek gaan julle vertel van ons week van Vrydag af. Ons het vroeg opgestaan en gepak vir ons naweek Cederberge toe! Die keer het ons 2 nagte bespreek op die plaas Kromrivier wat naby mooi klimroetes is en ook naby die bekende Maltese kruis. Oppad soontoe het ons deur Moorreesburg gery en omdat Pieter moes werk doen het ons gou gestop by die Koring museum.  Daarvandaan het ons gery tot by Piketberg wat 'n pragtige dorpie is met so geskiedkundige roete soos wat ons gestap het toe ons in Barberton was. Ons het vinnig in Citrusdal gestop vir brandstof en die pad verder gery dieper in die Cederberge in. Die vrou by wie ons bespreek het, het ons gewaarsku dat daar geen brandstof of selfoon opvangs hier is nie. Die laaste ent is 'n...

Week 27 in Afrikaans - Cederberge (Kunje Gasteplaas)

Prent
Hierdie week het ons in die Cederberge gebly in 'n eenvoudige huisie op 'n plaas. Ons was weggesteek tussen bome en rotse met baie geheime speelplekke. Daar was so baie dinge op ons lysie wat ons wou gaan kyk as ons in hierdie omgewing is, maar dit wat direk om ons was, was net te aanloklik so ons het die hele week net op die plaas gebly. Oppad hierheen vanaf Lambertsbaai het ons in Clanwilliam gestop en die tronkmuseum en die rooibostee fabriek asook die skoenmaak fabriek besoek. Die plant waarvan rooibostee gemaak word kom natuurlik net in die Cederberge voor. Dit was vir ons baie interessant om te leer hoe die proses werk van die plant tot by die maak van die tee in die boksie. Die fabriekwinkel het 'n lekker "smoothie" van rooibostee wat 'n lafenis was in die amper 40 grade celsius daardie dag! Die skoenfabriek was ook baie oulik- hulle maak regte leerskoene en die hele proses van die leer wat uitgesny word tot waar die sole opgeplak en ge...

Week 23 - In Afrikaans (Laaste-laaste week in Springbok)

Prent
Oumense is die beste mense. Hulle het tyd vir nog 'n koppie tee en 'n vinnige geselsie. Tyd vir nog 'n drukkie en nog 'n keer dankie sê. Hulle jaag nie na die volgende vergadering of byeenkoms nie en is regtig baie bly om jou te sien of te ontmoet of dalk weer te sien. Hulle is in die vertreksaal en geniet die tydjie wat hulle nog hier by ons het en sien ook uit na die nuwe lewe wat voorlê. Dit is wat die week vir my uitgestaan het. Declan het elke middag met sy maatjie sokker gespeel, hulle was skoon hartseer toe hulle mekaar gegroet het Die tannie wie se huisie ons huur in Springbok het kom inloer en verskoning gevra dat sy nie al lankal kom tee drink het nie. Sy het alreeds 2 keer sommer uit haar eie vir Charma by haar laat speel en rustig met haar tyd spandeer. Sy het kom vra hoe dit gaan en of ons darem 'n lekker maand gehad het. Sy het vertel haar kleinseun is gebore en hulle gaan bietjie vir hom gaan kuier en dat sy nie hier gaan wees as ons ry n...

(Week 21 In Afrikaans) - 'n Koue week in Springbok en op tot in Luderitz (Namibie)

Prent
Ek wens partykeer my oë was kameras. Dan kon ek elke beeldskone oomblik vashou en onthou. My foon se kamera en my vinger-op-die-knoppie-kry is net te stadig om alles vas te vang wat ons sien so in die verbyry. Ek het letterlik nie woorde om hierdie mooie plek te beskryf nie. Ons week in Springbok was ysig koud. Ek weet nie of dit normaal is nie maar dit is absoluut onverwags. Nêrens in my gedagtes het die moontlikheid ooit opgekom dat ons in Springbok in September minus temperature gaan beleef nie. Dank die Vader ons het ons slaapsakke nie ook in die sleepwa op die plaas gelos nie, anders sou dit darem erg gewees het. Ons het almal heelweek ons warmste klere gedra. Dit was ook die eerste keer wat ek na my eie huis verlang het. Ons het besluit om die naweek in Namibië in te ry. By die Vioolsdrif grenspos ingegaan en oor die Oranjerivier gery tot in Namibië. Al langs die Visrivier langs en deur Rosh Pinah.