(Week 21 In Afrikaans) - 'n Koue week in Springbok en op tot in Luderitz (Namibie)
Ek wens partykeer my oë was kameras. Dan kon ek elke beeldskone oomblik vashou en onthou. My foon se kamera en my vinger-op-die-knoppie-kry is net te stadig om alles vas te vang wat ons sien so in die verbyry.
Ek het letterlik nie woorde om hierdie mooie plek te beskryf nie.
Ek het letterlik nie woorde om hierdie mooie plek te beskryf nie.
Ons week in Springbok was ysig koud. Ek weet nie of dit normaal is nie maar dit is absoluut onverwags. Nêrens in my gedagtes het die moontlikheid ooit opgekom dat ons in Springbok in September minus temperature gaan beleef nie. Dank die Vader ons het ons slaapsakke nie ook in die sleepwa op die plaas gelos nie, anders sou dit darem erg gewees het. Ons het almal heelweek ons warmste klere gedra. Dit was ook die eerste keer wat ek na my eie huis verlang het.
Ons het besluit om die naweek in Namibië in te ry. By die Vioolsdrif grenspos ingegaan en oor die Oranjerivier gery tot in Namibië. Al langs die Visrivier langs en deur Rosh Pinah.
Op tot in Luderitz. Tussen al die droë dorheid het ons 'n magdom voëls gesien. Groot voëls soos reiers en arende en ooievaars. Hulle was so volop dat die skape ook naderhand vir my soos voëls begin lyk het.
'n Silwerstert eekhoring (ek weet nie wat sy naam eintlik is nie, maar sy stert was silwer) het oor die pad gehardloop en geleidelik het die dorre rots-berge verander in golwende sandduine rondom ons. Die pad was lank en ver maar dit was pragtig rondom ons.
'n Silwerstert eekhoring (ek weet nie wat sy naam eintlik is nie, maar sy stert was silwer) het oor die pad gehardloop en geleidelik het die dorre rots-berge verander in golwende sandduine rondom ons. Die pad was lank en ver maar dit was pragtig rondom ons.
In Luderitz slaap ons by 'n backpackers. Dis darem bietjie warmer hier maar ons waai behoorlik weg! Die "locals" hier steek nie eers hulle neuse by die deure uit nie wat nog te sê rondloop op dae soos die!
Maar ons het. Eers het ons die dorp plat gestap en nadat ons ons padkos opgeëet het toe klim ons in die kar en ry tot by Dias se kruis. Die wind het amper vir Charma weggewaai so sy het nie tot by die kruis gestap nie. Ons het ook 'n skeepswrak gesien en 'n KLOMP flaminke!
En net toe ons dink dit kan nie beter nie, kom swem 'n rob in die vlak golwe hier by ons! Dit was amazing!
Ons is vandag ook nog in Luderitz en more sal ons begin terugry. Ek hoop ek onthou alles wat ons gesien het.. (wat ek nie met my foon kon afneem nie)...die jakkals wat om die hoek vir ons gewag het, die pikkewyne en robbe wat naby Dias se kruis op 'n eiland gespeel het, die snaakse manier wat die flaminke weggevlieg het as ons te naby aan hulle gekom het.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Opmerkings