Week 54 - Oppad na Plett
Maandag (laasweek) het ek uiteindelik my sin gekry om Oudtshoorn toe te gaan. My lysie was nogsteeds net die 3 goed: 1. Langenhoven se huis 2. Die Kango-grotte 3. 'n Volstruisplaas Kyk hoe lê die wolk op Mosselbaai Ons het vroeg opgestaan sodat ons so 7uur kan wegkom. Maar soos dit maar gebeur op maandeindes... kom daar toe werk in. Pieter het probeer so goed as wat hy kon, maar op die ou einde het hy maar gebly en gewerk terwyl ek en die kinders gery het. Daar het 'n wolk oor Mosselbaai kom lê wat alles koud en nat gemaak het, maar net soos ons deur die Robinson-pas gery het, was dit asof ons 'n ander kontinent binnegery het. Dit was vrek warm daar. By Herrie die olifant Ons eerste stop was CJ Langenhoven se huis - "Arbeidsgenot". Ek het so rukkie terug "Sonde met die Bure" klaar gelees en lees nou so tussenin "Herrie op die ou Tremspoor". Ek is mal oor sy stories en alhoewel ek graag al vir die kinders wou voorlee...