Plasings

Wys tans plasings met die etiket Weskaap

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st...

Week 36, 37 en 38 in Afrikaans - Berge, hutte en poele

Prent
Die laaste week van 2018 was presies so afgesonderd en seinloos soos ek gedroom het dit moet wees. Die jaar met sy sosiale media komponente het my begin moeg maak en die ewige gryp na my selfoon raak uitputtend. So die perfekte wegbreek was berge toe. Kragloos. Battery-laai-loos. Selfoonloos. Ons eerste oorslaap was in die Du Toitskloof berghut. Net na die hugenote tonnel moet jy 'n u-draai maak (eintlik draai jy links na 'n lodge toe en van daar af draai jy regs om aan die ander kant van die hoofweg te kom). Dan swaai jy uit na links op die ou pad en draai weer links by die eerste obskure pad wat jy kry. Die berghut is 'n klipgooi van die parkeer area verder op met die pad en is die eiendom van die bergklub van Suid Afrika. Water moet gehaal word by die bergstroompie so 100m van die hut af en wanneer die son ondergaan is alles pikdonker. Ek dink ek moet nou maar aan myself en die hele wêreld erken dat ek berge verkies bo die see. Daar is iets aan die majesti...