Week 28 in Afrikaans - Sutherland, Langebaan, Paternotster
Maandag was ons weereens verstom oor hoeveel grondpad tussen dorpe kan lê, en hoe skielik alle konnektiwiteit verlore kan raak in die ver ente pad tussen die dorpe. Sutherland is eintlik net 'n klein dorpie met stofstrate. Daar is 'n OK en straatkafees en interessante winkeltjies. Maar ons was daar vir die sterre so ons eerste stopplek was die planetarium. Die planetarium gebou is baie kleiner as die een wat ons in Johannesburg het maar die sitplekke maak op daarvoor met die gemak-faktor! Hulle lê sommer so VER terug sodat jy amper voel jy lê op 'n bed.. Dit was net ons 4 en 2 ouer dames wat die vertoning bygewoon het. Die vertoning was nie so "wow" nie, en die een ou tannie agter ons het heerlik gelê en snork in die gemaklike stoel. Charma self het ook bietjie haar middagslapie opgevang en ons het lekker gelag vir die 2 wat so lê en slaap! Ons het die volgende dag na die "South Africa Large Telescope" gaan kyk. Met die dagtoer vat hul...