Plasings

Wys tans plasings met die etiket tuisskool

Week 41 in Afrikaans - Die einde van Capri, begin van Stellenberg

Prent
Ons het elke oggend met verlange gekyk na die mooie uitsig vanaf ons balkon uit die paleis en elke prentjie ingedrink voor ons Woensdag aanbeweeg het na ons volgende huisie toe. Maandag oggend het ons lekker laat geslaap (ons was nog uitgeput na ons laasnaweek se klippe spring in die Bainskloof). Ons het egter 'n lekker vol dag se werk en skoolwerk ingekry EN die hele huis van bo tot onder skoongemaak... wat sommer lekker gevoel het vir almal... (nee nie regtig nie, dit was net vir my lekker! hahaha) Dinsdag het ons weer lekker gewerk en die middag het ons gaan branderplank ry by Muizenberg. Vroegoggend op 'n bewolkte Muizenberg strand Muizenberg is vol allerhande soorte mense. Ek het dit op myself geneem om hulle te klassifiseer vir julle... Die eerste klomp val onder die "see mense". Hulle gaan Muizenberg toe vir die see: Onder hulle is die ernstige "surfers" wat gefokus aankom op die strand en so tydjie lank vir die golwe staar. Op die stran...