Week 41 in Afrikaans - Die einde van Capri, begin van Stellenberg
Ons het elke oggend met verlange gekyk na die mooie uitsig vanaf ons balkon uit die paleis en elke prentjie ingedrink voor ons Woensdag aanbeweeg het na ons volgende huisie toe. Maandag oggend het ons lekker laat geslaap (ons was nog uitgeput na ons laasnaweek se klippe spring in die Bainskloof). Ons het egter 'n lekker vol dag se werk en skoolwerk ingekry EN die hele huis van bo tot onder skoongemaak... wat sommer lekker gevoel het vir almal... (nee nie regtig nie, dit was net vir my lekker! hahaha)
Dinsdag het ons weer lekker gewerk en die middag het ons gaan branderplank ry by Muizenberg.
Muizenberg is vol allerhande soorte mense. Ek het dit op myself geneem om hulle te klassifiseer vir julle...
Die eerste klomp val onder die "see mense". Hulle gaan Muizenberg toe vir die see:
Onder hulle is die ernstige "surfers" wat gefokus aankom op die strand en so tydjie lank vir die golwe staar. Op die strand doen hulle dan "yoga"-tipe opwarmingsoefeninge wat ons hulle met oop monde laat aankyk en allerhande strekke en spronge voordat hulle dan verdwyn tot doer agter die wit skuimgolwe waar jy hulle skaars kan uitken behalwe wanneer hulle wilde draaie en spronge doen.
Dan is daar die "wannabe's". Die beginners - wat gewoonlik een of ander ondersteuning saambring - 'n betaalde "coach", of 'n geliefde, of 'n vriend - iemand wat moontlik (hopelik) bietjie meer as hulle weet om hulle te help. Die beginners kom soms so een-een aan, en ander kere daag hulle op in groepe; almal geklee in maklik-uitkenbare "wetsuits". Die beginners volg ook 'n baie duidelike roetine: eers opwarming deur op en af te hardloop op die strand, dan strek van arms en bene. As hulle baie positief voel doen hulle so paar "squats" en 'n paar "lunges" ook. Hierna volg die "crux" van alles...die "pop-up".
Die "pop-up" is die beweging op die "surfboard" waarmee jy regop moet kom vanaf jou lêende posisie. Dit moet verkieslik een vinnige beweging wees en dan moet jy ook seker maak jy land in die middel van die bord (daar is 'n lyn) en nie te ver vorentoe of agtertoe nie.
Die beginners oefen hierdie beweging altyd eers op die strand. Die ding is net dat nie almal hulleself so grasieus van le na staan kan kry nie. Dis baie soos 'n 3-put-draai...
Almal bly egter positief en die beginners word aange"cheer" en so aan. Dan, sodra die beginners se ondersteuning dan hulle gelukwens op hulle pragtige "pop-ups" op die strand, drafstap hulle dadelik dapper die see in. En dan begin die pret. Natuurlik is dit heeltemal anders om te "pop-up" op die stilstaande strand as op die bewegende water... maar almal hou altyd aan met probeer en as daai eerste suksesvolle "pop-up" gebeur is dit natuurlik "tickets" met jou. Van daar af is jy "hooked".
Daar is dan ook ander soorte mense op die Muizenberg strand. Hulle is die "strand mense":
Daar is heelwat arm strandmense. Hulle slaap maar onder brûe en in "shelters" tussen Muizenberg en Kalkbaai en is oor die algemeen vriendelik en nie lastig nie. Hulle hou daarvan om onder die helderkleurige strandhuisies te lê en slaap in die middag as die son lekker warm is. Ons dink dis dalk een van hulle kinders wat een middag die week probeer het om Declan se surfboard te "leen" om self bietjie te gaan "surf". Ongelukkig (vir hom) het Pieter hom gesien. Kom ons sê maar net, ons dink nie hy sal dit binnekort weer probeer nie ... en sy nagmerries is dalk die laaste paar aande van 'n wit, ongeskeerde man in 'n wetsuit wat BAIE KWAAD is...
Ander strand mense wat uithang by Muizenberg is die son-aanbidders. Nee, nie regtig in 'n godsdienstige sin nie, meer net die tipe wat lê en bak in die son totdat hulle meer soos tamaties lyk as mense. (Hulle hou daarvan om so min as moontlik klere aan te he wanneer hulle dit doen).
Dan is daar natuurlik 'n klomp strand mense (veral vroeg in die oggend) wat kom oefeninge doen. Hulle doen "Tai Chi" en mediteer of so. Party van hulle loop in die see in en praat met iemand wat ons nie kan sien nie. Hulle kom darem almal weer uit ook :-)
Al hierdie tipes mense kan nou weer opgedeel word in twee groepe:
Die eerste groep verklee buite sig van almal en die ander soort verklee sommer so oop en bloot. Aanvanklik het ons gedink dis net die klomp oorsese mense wat so naak op die strand verskyn as hulle rustig hulle gewone klere uittrek om in 'n baaikostuum in te klim, of 'n "wetsuit" aan te trek, maar dit lykmy dit is ook Suid-Afrikaners wat so maak.
Nouja, dit is nou maar so dat ons gekies het om ons kinders te leer dat jou lyfie joune is en privaat is en so aan, en daarom was ons kinders uiters geskok elke keer as 'n vreemdeling ewe skielik 'n kaal lyf ten toon stel sommer net so vir niks. Ons het natuurlik nog nie op die stadium gekom wat ons in daardie selfde afdeling vir die kinders leer dat sommige mense hulle privaatheid anders uitleef as ander nie. So daarom het Declan tot een vrou se skok - haar vriendelik beduie na die badkamers toe om te gaan verklee volgende keer! Sy het net lekker gelag en gese sy is oraait daar waar sy is, dankie.
(Net so terloops... sover ek weet is dit nog onwettig om jou naaktheid ten toon te stel in Suid Afrika, maar dit sal seker nie tel nie want die persone is almal besig om aan of uit te trek... al is dit BAIE stadig)
Woensdag het ons aanbeweeg na die huis wat ons oppas in een van die Noordelike voorstede van Kaapstad. Ons bly lekker in die nuwe groot huis wat ook 'n swembad het. Die ander voordeel van die skielike "normaliteit" is dat ons regtig kan fokus op skoolwerk.
Ons het reeds betaal vir ons maand se akkomodasie in Onrus voor ons besluit het om die huis op te pas, so ons het besluit om ons naweke hier te spandeer en deur die week naby Belville te bly waar ons die huis oppas.
Die pad na Onrus was pragtig. Al langs die see verby Valsbaai se dorpe; Strand, Gordonsbaai, Pringle Bay... om die hoek, deur Bettiesbaai (wat so lelik afgebrand is) en Kleinmond. Verder as Bettiesbaai was ek nog nooit nie en dit was lekker om so 'n nuwe plek te "ontdek".
Onrus is 'n wonderlike plek. Dis baie naby aan Hermanus, en nie een van ons was al ooit hier gewees nie. Toe ons hier aangekom het Vrydag het ons bietjie gaan stap en ons area rondom die huis verken. Ons bly baie naby aan die "Davies Pool" wat 'n wonderlike swemplek is in die see. Tipies ook van 'n lekker kusdorpie is hier die mooiste wandelpaadjies al langs die kus.
Gister het ons die Hermanus parkrun gedoen en ons was geskok om te sien hoe alles afgebrand is op die paadjies deur die bloekomboom woud.
Na die tyd het ons in die dorp rondgeloop en bietjie gehoor by die "locals" waar die lekkerste "surfing" strande is. Die weer is eienaardig - dit is een oomblik koud en bewolk en die volgende oomblik vuurwarm. (So daar was toe nie ge"surf" nie)
Vandag ontspan ons net heerlik hier in die huis - dit reën nog die heeltyd so ons kyk maar flieks en speel bordspeletjies.
More klaar dit dalk op dan sal ons op die strand gaan speel.

Vroegoggend op 'n bewolkte Muizenberg strand |

Opwarmings oefeninge in die agtergrond |

Ons geniet 'n laaste keer ons pragtige uitsig oor Noordhoek strand |
Al hierdie tipes mense kan nou weer opgedeel word in twee groepe:
Die eerste groep verklee buite sig van almal en die ander soort verklee sommer so oop en bloot. Aanvanklik het ons gedink dis net die klomp oorsese mense wat so naak op die strand verskyn as hulle rustig hulle gewone klere uittrek om in 'n baaikostuum in te klim, of 'n "wetsuit" aan te trek, maar dit lykmy dit is ook Suid-Afrikaners wat so maak.
Nouja, dit is nou maar so dat ons gekies het om ons kinders te leer dat jou lyfie joune is en privaat is en so aan, en daarom was ons kinders uiters geskok elke keer as 'n vreemdeling ewe skielik 'n kaal lyf ten toon stel sommer net so vir niks. Ons het natuurlik nog nie op die stadium gekom wat ons in daardie selfde afdeling vir die kinders leer dat sommige mense hulle privaatheid anders uitleef as ander nie. So daarom het Declan tot een vrou se skok - haar vriendelik beduie na die badkamers toe om te gaan verklee volgende keer! Sy het net lekker gelag en gese sy is oraait daar waar sy is, dankie.
(Net so terloops... sover ek weet is dit nog onwettig om jou naaktheid ten toon te stel in Suid Afrika, maar dit sal seker nie tel nie want die persone is almal besig om aan of uit te trek... al is dit BAIE stadig)
Woensdag het ons aanbeweeg na die huis wat ons oppas in een van die Noordelike voorstede van Kaapstad. Ons bly lekker in die nuwe groot huis wat ook 'n swembad het. Die ander voordeel van die skielike "normaliteit" is dat ons regtig kan fokus op skoolwerk.
'n Lekker middag swem na "skool" |
Ons het reeds betaal vir ons maand se akkomodasie in Onrus voor ons besluit het om die huis op te pas, so ons het besluit om ons naweke hier te spandeer en deur die week naby Belville te bly waar ons die huis oppas.
Die pad na Onrus was pragtig. Al langs die see verby Valsbaai se dorpe; Strand, Gordonsbaai, Pringle Bay... om die hoek, deur Bettiesbaai (wat so lelik afgebrand is) en Kleinmond. Verder as Bettiesbaai was ek nog nooit nie en dit was lekker om so 'n nuwe plek te "ontdek".
Onrus is 'n wonderlike plek. Dis baie naby aan Hermanus, en nie een van ons was al ooit hier gewees nie. Toe ons hier aangekom het Vrydag het ons bietjie gaan stap en ons area rondom die huis verken. Ons bly baie naby aan die "Davies Pool" wat 'n wonderlike swemplek is in die see. Tipies ook van 'n lekker kusdorpie is hier die mooiste wandelpaadjies al langs die kus.
Gister het ons die Hermanus parkrun gedoen en ons was geskok om te sien hoe alles afgebrand is op die paadjies deur die bloekomboom woud.
Een van die parkrun bordjies wat gebrand het |
Na die tyd het ons in die dorp rondgeloop en bietjie gehoor by die "locals" waar die lekkerste "surfing" strande is. Die weer is eienaardig - dit is een oomblik koud en bewolk en die volgende oomblik vuurwarm. (So daar was toe nie ge"surf" nie)
Vandag ontspan ons net heerlik hier in die huis - dit reën nog die heeltyd so ons kyk maar flieks en speel bordspeletjies.
More klaar dit dalk op dan sal ons op die strand gaan speel.
Voëlklip strand |
Opmerkings