Plasings

Wys tans plasings met die etiket gesin

Week 71 - Die Ooskaap

Prent
Die laaste week op 'n plek het 'n vreemde uitwerking op ons. Ons is gereed om te gaan in ons harte en aanbeweeg is 'n lekker vooruitsig. Maar elke keer raak ons nogal geheg aan mense.  Laaste "surf" by "Pipe" Ons land is vol oulike mense. Lieflike mense. Interessante mense. Dis elke keer nog lekker gewees om hulle te ontmoet en bietjie te leer ken. Dit was elke keer ook moeilik om totsiens te sê. Konneksies met mense vat dus die koek van menswees. Dit is hoër as avontuur, beter as gedenkstene en museums en soeter as vakansies. Dit maak ons lewens vol en interessant. Niks is vir altyd nie en ons leer dit veral hierdie jaar. Dit is bittersoet. Vriendskappe loop soos seisoene - nie konstant dieselfde nie en altyd veranderend. "Sundowners" by die hawe Ons het hierdie week vir oulaas gaan branderplankry by "Pipe" en "Millers Point". Ons het die sonsondergang gaan kyk by Maitlands, hamburgers gaan eet ...

Week 70 - Die Vriendelike Stad

Prent
Om te vlieg tussen stede in Suid Afrika, is besig om 'n vorm van normaliteit vir my te word. Te danke aan redelike goedkoop vlugte, en kliënte wat ons dienste nodig genoeg het om te betaal daarvoor. Vlieg is darem maar 'n wonderlike uitvindsel. 'n Mens kan nou binne 2 ure van meeste plekke na meeste ander plekke in Suid Afrika reis. Of nee wag, dis hoe dit lyk, maar dis nie hoe dit regtig is nie. As jy vlieg, moet jy lank voor jou vlug vertrek, al op die lughawe wees. Dan is daar baie tyd wat jy dink jy doen iets, wat jy eintlik net staan en wag. Maar staan en wag is nie so sleg nie. Hulle sê mos dat 'n mens op jou kreatiefste is wanneer jy verveeld is. Jou brein kry kans om af te skakel en net 'n brein te wees. Die Houwhoek Hotel Ek het drie nagte in die Houwhoek Hotel naby Grabouw oorgeslaap. Dit is nouweer 'n ander plek waar kreatiwiteit gevloei het. Ek het hard gewerk deur die dag, natuurlik. En ook vir so rukkie by die hotel om e-posse van die d...

Week 69 - Port Elisabeth

Prent
Die stad het nie sy naam gekry van die koningin van Engeland nie - al mag mens vergewe word as jy dalk so gedink het. Port Elizabeth het sy naam gekry as gevolg van een man se liefde vir sy vroutjie. Sir Rufane Donkin se vrou Elizabeth, is oorlede net voor hy Suid Afrika toe gekom het om te dien as die waarnemende goewerneur aan die Kaap. Hy het vir haar 'n piramide opgerig wat oor die hawe uitkyk in wat nou die Donkin Reservaat is en 'n koperplaat op die piramide gesit met die woorde " To the memory of one of the most perfect of human beings who has given her name to the town below." Dit is seker omdat die stad se naam uit liefde gebore is, dat die mense hier so vriendelik is :-) Nadat ons laasnaweek bietjie afgesit is deur die dogtertjie wat haarself sommer net so verlig tussen almal, het ons Maandag na skoolwerk besluit om die stad bietjie te gaan verken. Ons eerste stop was die Tramways gebou. Ons maatjies het vir ons 'n boek gegee oor die besighe...

Week 66 - Laaste rukkie in Jeffreysbaai

Prent
Ons het oral waar ons gekom het sover, probeer inskakel by welwillendheidsprojekte. 'n Mens sou dink dat dit maklik sou wees om sulke projekte te kry en in te skakel, maar dit lykmy dit verg nogals aandag en inspanning om betrokke te raak. So oor die laaste 15 maande het ons redelik onsuksesvol betrokke geraak by ons land se verskeie opsies om te "volunteer". Nie dat ons NIKS gedoen het nie - ons het al kos uitgedeel by 'n sopkombuis en uitgehelp by 'n kleuterskool, maar nie so gereeld soos ek gedink het ons sou wou nie. By die Jbay Recycling Project (foto van hulle Facebook-blad af gekry) Jeffreysbaai voel egter anders. Dalk 'n bietjie meer toeganklik en vriendeliker selfs. Miskien is dit omdat ons nou al 2 maande lank hier bly. In elk geval hoe dit gebeur het is - Toe ons by Barry Hilton se optrede was laasweek, het ons nuwe mense ontmoet aan die tafel waar ons gesit het. Dit was toevallig die dag wat my nuwe branderplank daardie middag HARD op m...

Week 65 - Kompetisietyd en partytjies

Prent
Ons Pajero is 'n wonderlike kar. Hy het BAIE spasie, het nog nie een keer gebreek nie, en het ons nog glad nie in die steek gelaat nie. Buiten vir die elke nou en dan se battery wat pap is en die elke nou en dan se wiel wat pap word, is daar niks wat pla nie. Hierdie was die laaste week van die Corona Jbay Open. Ongelukkig vir die branderplankryers, was die golwe te klein die eerste twee dae van die week. Gelukkig vir my was die branders klein genoeg gewees die eerste twee dae van die week. Mooiste sonsopkomste My voorneme laasweek Sondagaand was om elke liewe dag hierdie week in te swem met my branderplank en ten minste een golf te probeer ry. Herhaling help almal, dink ek - selfs vir my. Behalwe as die golwe net die eerste twee dae van die week klein genoeg is vir my... Maandagoggend het ons dus VROEG opgestaan, alles bymekaar gesit, vir die slapende kinders gefluister ons sien hulle later en in die kar geklim om te ry. Net jammer ons Pajero het nie gedink dit is ...