Week 70 - Die Vriendelike Stad
Om te vlieg tussen stede in Suid Afrika, is besig om 'n vorm van normaliteit vir my te word. Te danke aan redelike goedkoop vlugte, en kliënte wat ons dienste nodig genoeg het om te betaal daarvoor.
Vlieg is darem maar 'n wonderlike uitvindsel. 'n Mens kan nou binne 2 ure van meeste plekke na meeste ander plekke in Suid Afrika reis. Of nee wag, dis hoe dit lyk, maar dis nie hoe dit regtig is nie.
As jy vlieg, moet jy lank voor jou vlug vertrek, al op die lughawe wees. Dan is daar baie tyd wat jy dink jy doen iets, wat jy eintlik net staan en wag. Maar staan en wag is nie so sleg nie. Hulle sê mos dat 'n mens op jou kreatiefste is wanneer jy verveeld is. Jou brein kry kans om af te skakel en net 'n brein te wees.
Ek het drie nagte in die Houwhoek Hotel naby Grabouw oorgeslaap. Dit is nouweer 'n ander plek waar kreatiwiteit gevloei het. Ek het hard gewerk deur die dag, natuurlik. En ook vir so rukkie by die hotel om e-posse van die dag te anwoord, whatsapps en oproepe te maak en watookal ek nie by uitkom terwyl my tyd geboek was deur my Kaapse kliënt nie.
Maar wanneer dit dan alles gedoen is, is daar nie kinders of kraaie wat enigiets van my benodig nie.
Dit is 'n vreemde gevoel.
Dit is 'n eensame gevoel.
Vreemd want dan vir die eerste keer in 'n lang tyd, word ek met net myself gekonfronteer.
Wat sal ek doen met my eie, vrye tyd?
Ek hoef niemand in ag te neem nie. Ek hoef nie eers met enige iemand te praat nie.
Wie is ek ooit?

Die Houwhoek Hotel |

Ek dink die kern van die identiteitsoomblik was dat my mense so 'n groot deel van my identiteit geword het dat ek soos 'n halwe mens voel as hulle nie by my is nie.
Ek het vir myself 'n vuurtjie gemaak in die kaggel in my kamer, my tyd omgekyk op youtube en rustig geslaap.
Terug by my mensies |
Woensdag kon nie gou genoeg aanbreek nie, ek weet nie of ek my mense meer verlang het of hulle vir my nie. Dit is darem lekker om op 'n lughawe aan te kom met vrolike geliefdes wat jou inwag!
Woensdagaand het ons sommer dadelik weer met ons PE-vriende 'n kuier gereël - die keer by Noordhoek se ski-boot klub, en dit was PRAGTIG. Port Elisabeth klim nogal in ons harte in, en tussen al die politiek en swak munisipale dienste is die mense en die plek pragtig en vriendelik.
Om terug te wees by my mense, beteken ook om weer te gaan branderplankry. Pieter en Declan is uitblinkers, Charma ook - maar ek is 'n "pro"... 'n "pro"-beerder :-)
Ewe skielik is die golwe weer vir my vyande en my lyf se krag nie goed genoeg nie, en ek kon voel hoe vrees my oortuig dat ek dit nie gaan maak nie. Maar die keer het my seun my gered.
Ons het Donderdagoggend vroeg na Millers' Point toe gegaan - 'n wonderlike branderplankry-plek met mooi, egalige golwe wat regs breek en lang ritte gee. Dit is Declan se gunsteling plek vir branders ry in PE. Die probleem vir my is egter tweeledig - een: daar is 'n rotsrif waaroor jy eers moet kom voor jy by die "backline" is; en twee: elke nou en dan kom daar monster-golwe deur wat iemand so onoplettend soos ek lekker karnuffel.
So, met die inswem het Pieter mooi by sy vroutjie gebly, maar iewers het ek hom verloor en daar verskyn Declan toe by my. Een ding van Declan wat ons nou al weet - hy bly nooit stil nie. Sy mond beweeg altyd, nie om te eet nie, maar eerder om te praat. En vir die eerste keer in baie lank was ek BAIE dankbaar vir elke woord wat uit sy mond uitgekom het...
"Mamma moet nog so bietjie dieper in-paddle"... "Vinniger mamma!".... "Nee, moenie worry nie, hierdie een gaan ons mis"..... "Kom bietjie terug hier na my toe, mamma" ..... en so het dit aangegaan vir die uur of wat, wat ons in die water was. Die uitkom lê toe soos 'n berg voor my, want hoe kom mens uit die water as jou rug gedraai is op die golwe en die einste golwe gaan jou teen die rotsrif vas-slaan? Weer was Declan my held - hy het op dieselfde woordgevulde manier my uitgelei tot op die strand - 'n bietjie verder "paddle" as wat miskien nodig is vir gewone branderplank-ryers, maar perfek vir sy mamma!
Dit is so 'n voorreg om my seun so te kon vertrou en sien hoe hy my lei totdat die sand weer vas was onder my voete!
'n Baie lekker ding wat ons beleef met die branderplankry is die ou mans wat nogsteeds dit doen. Oral waar ons nou al was, is daar ouer mans wat ook by die "surf-spots" is en hulle sal nie sommer ingaan as die golwe en die wind en alles nie PERFEK is vir hulle nie. Hulle beoefen hierdie sport nou al vir 30 -40 jaar en ken al die lekker plekke, elke tipe golf, en elke soort surfer ook. Hier in PE loop ons amper elke dag twee sulke mans raak. John en Chris is meestal by "Pipe" maar sal ook by "Miller's Point" wees elke nou en dan. As hulle, hulle "wetsuits" aantrek en ingaan dan moet jy weet die golwe is daardie dag BAIE goed. Andersins staan hulle daar en gesels met mekaar en hou die res van ons dop. Chris het onlangs my "longboard" reggemaak en hy sê dat John 'n regte "legend" is hier rond. Hy is so bekend dat die "Beershack" 'n bier na hom vernoem het. Ek en Pieter het summier na ons een surf 'n "Carpark John" gaan drink, net nadat ons 'n "selfie" saam met die twee legends geneem het!

Vrydag het ons weer gaan surf (na werk, natuurlik) en die keer was ons by die "surf-spot" met die naam "Pipe". Die lekker ding van "Pipe" is dat daar nie 'n rotsrif is nie. Daar is bietjie rotse, maar daar is meer sand. Dit is Charma se gunsteling "surf-spot". Ons het heerlik gespeel daardie dag en na 'n vinnige "tenpin bowling" sessie saam met die Curries het ons almal binne sekondes aan die slaap geraak daardie aand.
Gister was ons uiteindelik by Cape Recife - 'n natuurreservaat wat ook voëls en pikkewyne rehabiliteer. Ons het lekker piekniek gehou en gestap op die strand en die rotspoele verken. Dit was 'n heerlike lui-lekker dag. Ons het natuurlik ook gaan branderplankry na alles.
Cape Recife |
Vandag het ek en Olivia en Lauren en Charma na 'n oulike plek toe gegaan waar jy die plaasdiere kan voer en aan hulle vat. Daarna het ons saam met die res van die "clan" gaan kyk en saamry op 'n lekker 4x4 roete op iemand se plaas.
Hierdie padrit van ons voel amper asof dit op 'n einde kom, maar die avontuur is nog lank nie verby nie. Ons sirkel is nou al amper voltooi, want ons beplan om binnekort weer binneland toe te gaan. Ons wonder en droom oor wat ons sal doen van volgende jaar af, en hoe ons dalk kan aanhou met ons lewenstyl met so paar aanpassings hier en daar.
Intussen hou ons ons harte oop vir die toekoms en dankbaar vir die die hede.
Intussen hou ons ons harte oop vir die toekoms en dankbaar vir die die hede.
Opmerkings