Week 67 - Tyd om aan te beweeg
Hulle sê mos elke sport het sy beserings. So is dit mos maar net. Om branderplank te ry hou die waarborg in dat jy een of ander tyd sal seerkry. Daar is natuurlik heelwat opsies vir seerkry: Dalk kan jy jou voet oopsny op die rotse, of miskien kan jy jou kniee dalk stukkend val. Of miskien sal dit net jou rug wees wat bietjie in 'n spasma ingaan van al die ge"paddle". Met die hoeveelheid golwe wat ek egter regkry om te vang is ek verseker uit die gevaarsone uit om regtig seer te kry. Of so het ek gedink.
Die groot uitdaging vir my lê daarin om my wetsuit uit te trek. (Die aantrek van 'n droë wetsuit is ek nou al baie goed mee.)
Die teorie agter die uittrek van die wetsuit is natuurlik dat jy hom afskil - bietjie soos jy met 'n piesangskil sal maak. Of dalk is 'n beter verduideliking 'n sykous... Ek begin byvoorbeeld deur die rits agter op my rug af te trek en dan eers die een arm uit te trek. Die tweede arm is dan gevaarlik - veral vir jou neus - daardie laaste stukkie "piesangskil" het die geneigdheid om vas te sit en dan met die geweld waarmee jy jou hand probeer losruk, tref jy dan jou arme neus. Om dit dan oor die lyf te kry is niks, maar as jy by die bene kom dan het jy net soveel meer kragtige bewegings nodig om jouself te bevry van hierdie nat, souterige pak. Alles word dan ingespan, jou kop, jou hande, jou voete, jou tone... Die ergste van alles is om jou balans te probeer hou deur dit alles, en daarom leun ek gewoonlik teen die naaste muur, of selfs die kar om dit te kan regkry. Ongelukkig is dit gewoonlik my fout, want sò het ek al meer as een keer my vingers verstuit teen die naaste muur.
Na twee maande in Jeffreysbaai het ons tot die besef gekom dat daar nie NET 'n see en strande is by hierdie dorp nie. Daar is ook 'n kloof. Ek kon nie my oë glo toe ek die diep, mooi kloof sien hier in die middel van die dorp - omtrent reg by die see nie! 'n Lushof van bome en struike en voëls, alles om my te laat wens ek het LANKAL daar gaan stap. Daar is 'n staproete deur hom van die boonste punt af tot onder waar jy dan uitkom by "Die Kospot" ('n restaurant naby die see).
Ons het lekker gaan kuier teen die Noorsekloof in die dorp by ons nuwe vriende. Nie net was die kloof mooi nie, maar die geselskap was ook wonderlik en die kos uit die boonste rakke! André en Hester het ons omtrent bederf met die kuier, en dit het gevoel of ons hulle al jare lank ken.
Hierdie week was die tema om totsiens te sê.
Ons het in sulke seksies begin pak en stuk-stuk dinge reg gekry om in kleiner spasies in die kar ingedruk te word.
Jeffreysbaai het verseker ons harte gesteel en die kinders het sommer emosioneel geraak met die gedagte aan aanbeweeg. Die groot ding is dat hulle sulke lekker surfmaats gemaak het. Dit is vir hulle die lekkerste lekker om by oom Thys te gaan rondhang by Rebel surfboards, en met die totsiens-gesê-ery het hulle die kinders gehelp om vir hulleself so paar "mini-surfboards" te maak met al die regte materiale, net soos met 'n regte surfboard.
Thys het sommer ook nog 'n surfboard aan Declan gesmous - en sy oë BLINK!
Ek het Donderdagaand Johannesburg toe gevlieg om by my pa te wees vir sy 75ste verjaardag-partytjie. Pieter en die kinders het agter gebly en die trek-ery gedoen Port Elizabeth toe. Hulle het ook vir oulaas by oom Thys rondgehang.
Johannesburg het nog altyd vir my sy eie sjarme. Ek weet dit is 'n gejaag en dat baie dele onveilig is, en baie ander dele net plein vuil en vieslik ... maar ek het nog altyd die mooi agter dit alles raakgesien. Dit is iets wat ek by my pa geleer het. Toe ek klein was, was sy kantoor in die middestad van Johannesburg in 'n mooi groot ou gebou met sewe of agt vloere vol mense wat geluister het as hy praat. As ek vir hom gekuier het by sy werk dan sou ons dikwels so rondgeloop het in die strate van die middestad en dan het hy altyd my aandag gevestig op die prag van die ou geboue wat nog daar staan, of 'n randsteen uit mooi klip, of 'n outydse naambordjie wat hang buite 'n winkel.
Ek moet sê ek sal nie graag in Johannesburg wil bly nie, maar ek sal altyd waardering hê vir die ryk geskiedenis in hom en die baie onvertelde stories wat in sy strate skuil.
Johanneburg het ook sy eie reëls. Sommige van die reëls het ek al 'n bietjie vergeet, want ek was lanklaas hier gewees.
Een so reël is byvoorbeeld die ryspoed op snelweë.
Die regterkantste baan is nie vir sissies nie. Dit is waar jy soos 'n maniak jaag en jou ligte flits vir die arme ou wat net 120 km/uur ry.
Rooi verkeersligte is nie waar mens stilhou nie. Dit werk meer soos 'n toegee-teken hier rond.
Stopstrate is ook opsioneel. 4-rigting stoppe en sirkels is die reël natuurlik dat wie ookal gewen het (eerste daar was) eerste mag ry - en hier in Gauteng is ons almal wenners. :-)
Ek kom darem vinnig weer in die ding in, en my dagboek is vol afsprake en vergaderings van more oggend af tot volgende week Saterdag as ek weer terugvlieg PE toe na my mensies toe xxx

Die Noorsekloof |

My pa en ma en 6 van hulle kinders op my pa se 75ste verjaardag :-) |

Opmerkings