Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2018

(Week 21 In Afrikaans) - 'n Koue week in Springbok en op tot in Luderitz (Namibie)

Prent
Ek wens partykeer my oë was kameras. Dan kon ek elke beeldskone oomblik vashou en onthou. My foon se kamera en my vinger-op-die-knoppie-kry is net te stadig om alles vas te vang wat ons sien so in die verbyry. Ek het letterlik nie woorde om hierdie mooie plek te beskryf nie. Ons week in Springbok was ysig koud. Ek weet nie of dit normaal is nie maar dit is absoluut onverwags. Nêrens in my gedagtes het die moontlikheid ooit opgekom dat ons in Springbok in September minus temperature gaan beleef nie. Dank die Vader ons het ons slaapsakke nie ook in die sleepwa op die plaas gelos nie, anders sou dit darem erg gewees het. Ons het almal heelweek ons warmste klere gedra. Dit was ook die eerste keer wat ek na my eie huis verlang het. Ons het besluit om die naweek in Namibië in te ry. By die Vioolsdrif grenspos ingegaan en oor die Oranjerivier gery tot in Namibië. Al langs die Visrivier langs en deur Rosh Pinah. 

(Week 20 - In Afrikaans) - Van Noordwes tot in die Noordkaap

Prent
As ons Sondag soos kinders gevoel het met ons gespelery by Sun City dan het ons lywe ons Maandag goed herinner dat ons nie meer 10 is nie! (Dit tel nou net vir my en Pieter, natuurlik). Die Pilanesberg natuurreservaat het ons verras met 3 leeuwyfies langs die pad. Ons het stilgehou en hulle seker 'n goeie uur lank dopgehou. Al drie was baie wakker en besig om iets stip dop te hou. Die een wyfie het toe opgestaan en met haar kop laag en nek lank in die rigting in beweeg wat hulle 3 dopgehou het.  Daar was blouwildebeeste in daai rigting en dit het gelyk asof sy hulle gaan aanjaag van daardie kant af in die rigting van die ander 2 wyfies wat intussen ook nader begin beweeg het. Dit is darem maar mooi om die reuse katte dop te hou in aksie, die interessante ding was ook om te sien hoe ingestel hulle op mekaar ook is.  Hulle het lank so in eenheid beweeg, die voorste leeu wat met 'n wye draai loop om die blouwildebeeste in die regte rigting te forseer, en d

(Week 19 In Afrikaans) - Mpumalanga na Limpopo

Prent
Hierdie week was 'n absolute fees. Die laeveld het 'n skoonheid aan hom wat jou hart steel. Veral as dit eintlik nog winter is en hy hou jou warm. So warm dat jy eintlik al kan swem. Van Nelspruit af het ons die " stortende waters " roete gevolg volgens ons padrit boek.  Horseshoe Falls Lone Creek Falls Bridal Veil Falls Mac-Mac Valle Horseshoe falls, Lone Creek falls, Bridal Veil falls en Mac Mac. By Mac Mac se poele het ons lekker geswem, al was die water yskoud en al het ons die oggend nie gedink om ons swembroeke los in te sit in die kar nie.  MacMac Poele Alhoewel ons oral gehoor het dat Pelgrimsrus nie meer is wat hy was nie, het ons tog maar gaan kyk en 'n drankie in die "Royal Hotel" gaan drink. Ons was aangenaam verras, dit is darem nie 'n spookdorp nie en daar is heelwat nog om te sien en te doen.  Die "Royal Hotel" In Graskop het ons in 'n tipiese "backpackers" geslaap en