Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2019

Week 74 en 75 - die einde van hierdie avontuur

Prent
Om terug te gaan na 'n plek toe is dikwels baie anders as wat 'n mens dit onthou het. Laasweek was al vier van ons terug in Pretoria. Hierdie week was ons heelweek op die plaas naby Newcastle. Dit was die eerste keer in 'n jaar en 'n half wat ons al 4 dieselfde tyd in Pretoria was. Hoe vreemd. Maar ons is nie meer lus vir die gejaag van die plek nie. Ons hou nie meer van die groepsdruk in die skool nie. Ons sien nie meer kans vir die tyd wat so gesteel word deur verkeer en aktiwiteite en huiswerk nie. Dit was natuurlik nie hoe ons oorspronklike plan was nie. Ons sou teruggaan en alles sou wees soos normaal. Maar dit kan nie meer wees hoe hierdie seisoen uitdraai nie. Ons verlang terug na die see en ons voel asof ons nou tussen stasies is. Ons een avontuur is voltooi, en die volgende een het nog nie begin nie. Wat presies ons volgende avontuur gaan wees, weet ons self nog nie heeltemal nie. Maar hierdie kosbare tyd met mekaar kan ons nie sommer net so laat ga

Week 73 - Terug waar ons begin het...

Prent
Maandag het ons gery van die wildsplaas af naby Queenstown, tot by Maclear. Heelpad in die Ooskaap. Die landskap herinner baie aan dele van Kwazulu Natal en het amper bekend gelyk. Ek het myself misgis met waar Maclear is, want my plan was eintlik dat ons die Naudesnek bergpas moet ry, maar die is baie nader aan Rhodes en sou 'n 2-ure ompad vir ons beteken het. Dit is ook lekker want dit beteken dat ons weer moet teruggaan soontoe. :-) Sonsondergang op die plaas naby Maclear Ons was lanklaas vir sulke lang tye aaneen in die kar. Die kinders het mooi getrou hulle skoolwerk gedoen en ek het vir ons elke nou en dan voorgelees uit 'n boek wat ek in Bathurst gekoop het. Die boek was nie so lekker boeiend soos "Fiela se Kind" of "Kringe in 'n Bos" nie, so die voorlesing was nie juis suksesvol nie. Dit was baie hartseer om die dorpies te sien wat so vuil en afgeskeep is, diere wat verwaarloos wei tussen vullishope en brandsiek brakke wat weggejaag

Week 72 - Port Alfred en die wildsplaas

Prent
Toe ons laasweek Saterdag in Port Alfred aangekom het, was die see ontstuimig. 'n Stappie langs die strand Die weervoorspelling het gewys dat die wind baie gaan waai en dat dit net Dinsdag mooi genoeg gaan wees vir branderplankry. Dit was heeltemal waar. Dinsdag was "surf'-dag Dit is asof die see al wilder word hoe hoër ons opbeweeg langs die kus. Daar waar die Kowie rivier in die see inloop, het hulle twee piers gebou as ingang in die klein hawetjie waar die bote veilig kan lê.  Die mensgemaakte stellasie maak egter 'n baie lekker golf wat die branderplankryers lekker ver kan ry op goeie dae. Sonsopkoms in Port Alfred Maandagmiddag het ons gou na werk na die Boesmansrivier toe gery. Oral langs die kus is daar rivere wat in die see invloei, en die riviere het dan ook hoog- en laagwater soos die see. Met hoogwater styg al die "jettys" voor die huise waar die bote vasgemeer is op, en met laagwater gaan lê hulle weer in die modder. By omt

Week 71 - Die Ooskaap

Prent
Die laaste week op 'n plek het 'n vreemde uitwerking op ons. Ons is gereed om te gaan in ons harte en aanbeweeg is 'n lekker vooruitsig. Maar elke keer raak ons nogal geheg aan mense.  Laaste "surf" by "Pipe" Ons land is vol oulike mense. Lieflike mense. Interessante mense. Dis elke keer nog lekker gewees om hulle te ontmoet en bietjie te leer ken. Dit was elke keer ook moeilik om totsiens te sê. Konneksies met mense vat dus die koek van menswees. Dit is hoër as avontuur, beter as gedenkstene en museums en soeter as vakansies. Dit maak ons lewens vol en interessant. Niks is vir altyd nie en ons leer dit veral hierdie jaar. Dit is bittersoet. Vriendskappe loop soos seisoene - nie konstant dieselfde nie en altyd veranderend. "Sundowners" by die hawe Ons het hierdie week vir oulaas gaan branderplankry by "Pipe" en "Millers Point". Ons het die sonsondergang gaan kyk by Maitlands, hamburgers gaan eet