Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2019

Week 62 - Jeffreysbaai, Bergrivier en tyd om aan te beweeg (2 km verder)

Prent
Ek kan nie glo ons is al klaar weer by Sondag nie. Die weke vlieg een vir een verby teen die spoed van lig en met elke sonsondergang sê ons dankie vir die voorreg wat ons het om hierdie lekker lewe te kan lewe van reis deur ons mooiste land. Mooiste golwe Die voorspelling vir die week se golwe het maar sleg gelyk, maar Maandagoggend was daar 'n straaltjie hoop vir mooies om deur te kom. Dit het ons forseer om bietjie vroeer op te staan en in die koue uit te gaan om te gaan speel. Tussen die vier van ons staan ons branderplankry-sake so: Pieter skop ons almal se alies met die branderplankry (asof ons dit nie verwag het nie). Hy gaan dieper en verder in as wat ons voor kans sien en lyk asof hy al jare lank die ding doen. Declan is kort op sy hakke. So kort op sy hakke dat ons nou al weet die dag kom dat hy nie meer saam met ons op ons golfies wil speel nie, hy sal beter en sterker wees as Pieter want hy het vroeër (op 'n jonger ouderdom) begin. Charma is baie dapper

Week 61 - St Francisbaai, Kaap St Francis en Oesterbaai

Prent
Dit gebeur nie baie dat golwe my nie intimideer nie, maar Maandag was so 'n dag. Ek en Charma kon altwee by die "backline" uitgepaddle kom en die golwe het meestal sag en vriendelik gebreek. Dit het so lekker gevoel en ons het branderplank gery totdat ons naderhand nie meer ons arms kon beweeg nie. Ek voel net elke keer half ingedoen as ek so 'n lekker golf gery het en ek kom op uit die water uit en niemand "cheer" vir my nie. Dit het so amazing gevoel dat ek amper gevoel het almal op die strand moes vir my 'n staande ovasie gegee het... nouja - in my kop voel dit natuurlik baie meer "epic" as wat dit lyk. Dit is regtig die waarheid. Pieter het noudiedag my afgeneem toe ek so paar golwe gevat het, en toe ek uiteindelik die video's kyk kon ek nie glo dat DIT was hoe ek gelyk het nie! Dit was asof die video gelieg het, want dit het baie "cooler" gevoel as wat die video's dit uitgebeeld het ... By St Francisbaai As die we

Week 60 - Seemonsters en yswater

Prent
Ons het 'n goeie duik gemaak in Dalene Mathee se "Fiela se Kind" in die Baviaanskloof laasnaweek en ons kon net nie anders as om hierdie Maandag die week te begin met verder lees nie. Dis 'n lekker aktiwiteit wat ons saam kan doen - ons maak beurte om te lees en almal geniet die storie saam. Ons kon onsself heerlik inleef in hierdie boek, want ons het mos gaan stap in die Knysnabos en ons het daai deel van die kus (die Tuinroete) ook lekker verken laasmaand. So teen 10uur Maandagoggend was ons kant en klaar met die boek en met gelukkige harte (want Benjamin weet toe mos wie hy is) spring ons toe weg met skoolwerk en werkwerk. Na werk en skool het ons al die "surfboards" gelaai en see toe gery vir 'n goeie sessie van surf. Ek en Charma het maar voorlangs gespeel terwyl Pieter en Declan dieper ingegaan het. Dit is baie moeilik om met ons sponserige borde deur die sterk golwe te kom tot agter waar mens eintlik moet lê vir goeie golwe. Dis baie makl

Week 59 - Jeffreysbaai en die Baviaanskloof

Prent
Jeffreysbaai is baie groter as wat ons gedink het dit sal wees. Hier is baie strande en hulle almal is vol van die mooiste skulpe. Pienkes en rooies en wittes. Skulpe wat draai en skulpe wat plat is en skulpe met tande. Hier is 'n skulpwinkel met skulpe in wat jy meestal self hier op die strand kan optel. Hier is ook 'n skulpie-museum wat ons net MOET gaan besoek al is almal reeds keelvol vir museums. 'n Mooi sonsondergang by "Supertubes" Ons het kalenders opgestel vir die maand, en roosters vir skoonmaak en kosmaak. Die kinders vorder mooi met hulle kwartaalwerk en ons gaan dit so bietjie rek om die hele maand lank skool te hê. Dan kan ons miskien die hele Julie-maand vakansie hê. Maandag se groot opwinding was dat Charma haar eie surfboard sou kry. Declan kom al baie mooi reg op sy "pro-surfboard", Pieter lyk al goed op sy "fish" en ek geniet nog die "soft-top-beginner surfboard". So nou is dit Charma se beurt. Die een wat

Week 58 - Oppad na Jeffreysbaai

Prent
Maandag was ek 'n regte slawedrywer. Daar was Wiskunde om gedoen te word. Asseserings en eksamens om te finaliseer. Dan word ek taak-georienteerd, en nie mense-georienteerd nie. Arme kinders :-) Die goeie ding was darem dat ons BAIE mooi gevorder het, EN die huis was skoon, EN almal se magies was vol teen die tyd dat ons bed toe gegaan het. Dinsdag was baie dieselfde, behalwe dat ons ook ver langs die see gaan stap het. Soos om koebaai te sê. Woensdag was dit ek en Pieter se huweliksherdenking - ons is al 'n hele 15 jaar lank getroud met mekaar :-) Ons het vir die son gaan kyk terwyl hy sak met 'n drankie in die hand en vir mekaar vertel wat ons van elke jaar wat verby is, kan onthou. Dit is interessant hoe mens goeie goed makliker onthou as dit goed gaan met jou. Ons het baie goeie herinneringe, maar hierdie laaste jaar is sover die beste van almal! Donderdag en Vrydag het ons uiteindelik begin pak. Ongelukkig het my innerlike draak weer uitgekom.