(Week 11 - In Afrikaans) - St Lucia
Hierdie week het soos aan die einde van ons eerste maand, en ook die week net voor ons begin toer het, my swakhede mooi duidelik na vore gebring. Die op-pakkery en organisering van al ons goed maak my senuweeagtig en kortaf. Ek wil so graag alles los soos ons dit gekry het en in my vreeslike "moeite" (skoonmaak en regskuif) loop iets altyd verkeerd). Dit is nogal stresvol vir my om in iemand anders se plek te bly en al hulle goed te gebruik in daardie opsig, want dit is dan ons direkte verantwoordelikheid as iets beskadig word.. Dankie tog daar het niks gebeur die hele maand lank met die *leerbank* in die woonstel nie... maar ek het wel 'n handoek verloor (??!!!???) en 2 glase het gebreek en daar is definitief minder plastiek glasies oor.... aijaijai... Nietemin, die week was goed. Declan het verder geleer "surf" en sy blink ogies was vol sterretjies. Charma het die week lag-lag omgespeel met haar maatjie wie in die woonstelblok bly en selfs Pieter het ...