Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2019

Week 66 - Laaste rukkie in Jeffreysbaai

Prent
Ons het oral waar ons gekom het sover, probeer inskakel by welwillendheidsprojekte. 'n Mens sou dink dat dit maklik sou wees om sulke projekte te kry en in te skakel, maar dit lykmy dit verg nogals aandag en inspanning om betrokke te raak. So oor die laaste 15 maande het ons redelik onsuksesvol betrokke geraak by ons land se verskeie opsies om te "volunteer". Nie dat ons NIKS gedoen het nie - ons het al kos uitgedeel by 'n sopkombuis en uitgehelp by 'n kleuterskool, maar nie so gereeld soos ek gedink het ons sou wou nie. By die Jbay Recycling Project (foto van hulle Facebook-blad af gekry) Jeffreysbaai voel egter anders. Dalk 'n bietjie meer toeganklik en vriendeliker selfs. Miskien is dit omdat ons nou al 2 maande lank hier bly. In elk geval hoe dit gebeur het is - Toe ons by Barry Hilton se optrede was laasweek, het ons nuwe mense ontmoet aan die tafel waar ons gesit het. Dit was toevallig die dag wat my nuwe branderplank daardie middag HARD op m

Week 65 - Kompetisietyd en partytjies

Prent
Ons Pajero is 'n wonderlike kar. Hy het BAIE spasie, het nog nie een keer gebreek nie, en het ons nog glad nie in die steek gelaat nie. Buiten vir die elke nou en dan se battery wat pap is en die elke nou en dan se wiel wat pap word, is daar niks wat pla nie. Hierdie was die laaste week van die Corona Jbay Open. Ongelukkig vir die branderplankryers, was die golwe te klein die eerste twee dae van die week. Gelukkig vir my was die branders klein genoeg gewees die eerste twee dae van die week. Mooiste sonsopkomste My voorneme laasweek Sondagaand was om elke liewe dag hierdie week in te swem met my branderplank en ten minste een golf te probeer ry. Herhaling help almal, dink ek - selfs vir my. Behalwe as die golwe net die eerste twee dae van die week klein genoeg is vir my... Maandagoggend het ons dus VROEG opgestaan, alles bymekaar gesit, vir die slapende kinders gefluister ons sien hulle later en in die kar geklim om te ry. Net jammer ons Pajero het nie gedink dit is &#

Week 64 - 'n Nuwe surfboard en ander olifantstories

Prent
Die weer het begin draai Sondag toe die pro's begin opwarm het vir die kompetisie wat hierdie week begin het. Die wind het versriklik gewaai en die golwe het baie groot geword. Dit is nie goed vir mens se selfbeeld as jy probeer om sulke golwe te ry as jy nog nie eers kleiner golwe mooi kan ry nie. Pieter het nie daai problem probleem nie. Hy ry sommer enige golf! Die mooiste sonsopkoms! Maandag het die golwe - snaaks genoeg - BAIE klein geword en mense wat nooit by Point en Boneyards "surf" nie, het daar rondgehang. Dit het so lekker gelyk dat Declan en sy maatjie Jack sommer ook uitge"paddle" het daar. Hulle het nou nie enige golwe gery nie, maar net die feit dat hulle daar op die rotsrif in en uitgegaan het, is nogal baie indrukwekkend. (Net vir die wat wonder - Pieter het wel saam met hulle uitgegaan) Dinsdag het die Corona Jbay Open offisieel begin. Groot opwinding! Ons het ons "apps" afgelaai op ons fone, en vroegoggend al die boodskap

Week 63 - "Surf"-mal

Prent
Die rede hoekom ons blog vanaand so laat is, is omdat ons so lekker gekuier het met ons maatjies van Hermanus af :-). Hulle het al die pad gekom om met ons te kom kuier (en bietjie te werk ook) en dit is so lekker om hulle weer te sien. Jack, Charma, ek en Sandy Daar is min dinge so lekker soos om vordering te toon. Ons voel dit duidelik met die branderplank-ryery. Elke een van ons is op ons eie vlak, en vorder teen 'n ander tempo, maar een ding het ons almal in gemeen. Ons vorder :-) Ek en Pieter met ons nuwe "Changing Towels" van my skoonma Annette af Maandag het ons getrek van ons een huisie in Jeffreysbaai na ons ander een. Die nuwe een is baie nader aan Albatros-strand (nie die hoofstrand nie) en Pieter het opgewonde kom vertel dat die golwe BAIE mooi lyk die oggend. Ons moes ongelukkig eers klaar trek (en skoonmaak) voor ons kon "surfboards" laai en gaan, so ons het so bietjie van die oggend "gemors" in daardie opsig. Albatros