Plasings

Wys tans plasings met die etiket Paarl

Week 33 in Afrikaans - Stellenbosch, Paarl, Taalmonument

Prent
Hierdie week was nogal besig werksgewys en tussenin het Declan vertrek op wat seker een van die grootste avonture van sy lewe sover is. Hy het al die pad van Stellenbosch af saam met sy niggie gery, oorgeslaap op Beaufort Wes en tot in Pretoria die volgende dag. My mamma hart was maar bekommerd met tye maar tegnologie het my toegelaat om die heeltyd te weet waar hy is (google maps location sharing en natuurlik whatsapp boodskappe). Van daar af was dit 'n effense logistieke uitdaging om hom van punt na punt te kry tussen Donderdag en Maandag waartydens hy darem by 4 maatjies kon speel, en oorslaap by 3 verskillende huise voordat hy Maandagoggend (more) veilig by my sussie sal aankom in Meyerton om verder daar te kuier. Dankie tog vir goeie vriende en familie in Gauteng wat gehelp het met al die reëlings! Nou is dit net ons drietjies wat oor is in Stellenbosch en dit is maar vervelig sonder hom om die minste te sê! Vrydag kon ons onsself darem wegskeur van ons ...

Week 32 in Afrikaans - Laaste week in Langebaan

Prent
As 'n mens so lank by mekaar is, dan vergeet jy soms dis lekker en verbeel jou dan dis sleg. Dit gebeur soms met ons op die toer. (Ja ek weet dit klink onwaarskynlik...) Ons is 24 uur per dag by mekaar. Niks meer "alleen-tyd" as die kinders skooltoe gaan of buitemuurse aktiwiteite doen of watookal ons nog gedoen het toe ons "normaal" was nie. Die huisies waarin ons bly is gewoonlik so klein dat ons nie in die aand (of in die oggend) in die bed net bietjie kan afskakel en re-cap oor die dag se gebeure nie.. soos 'n "wind down" So dit was 'n vars briesie van wonderlikheid toe die kids die week whatsapp videocalls ontdek het. Hulle het ure lank met maats en familie gesels en dit het die hele ondankbare atmosfeer gebreek. Wys jou net hoe nodig mens ander mense het. Ek is BAIE dankbaar vir vriende en familie! Hierdie was ons laaste week in Langebaan. Daar was 'n dringendheid in my hart om die plek uit te put vir wat hy ons kan bied...