Week 23 - In Afrikaans (Laaste-laaste week in Springbok)
Oumense is die beste mense. Hulle het tyd vir nog 'n koppie tee en 'n vinnige geselsie. Tyd vir nog 'n drukkie en nog 'n keer dankie sê. Hulle jaag nie na die volgende vergadering of byeenkoms nie en is regtig baie bly om jou te sien of te ontmoet of dalk weer te sien. Hulle is in die vertreksaal en geniet die tydjie wat hulle nog hier by ons het en sien ook uit na die nuwe lewe wat voorlê. Dit is wat die week vir my uitgestaan het. Declan het elke middag met sy maatjie sokker gespeel, hulle was skoon hartseer toe hulle mekaar gegroet het Die tannie wie se huisie ons huur in Springbok het kom inloer en verskoning gevra dat sy nie al lankal kom tee drink het nie. Sy het alreeds 2 keer sommer uit haar eie vir Charma by haar laat speel en rustig met haar tyd spandeer. Sy het kom vra hoe dit gaan en of ons darem 'n lekker maand gehad het. Sy het vertel haar kleinseun is gebore en hulle gaan bietjie vir hom gaan kuier en dat sy nie hier gaan wees as ons ry n...