(Week 22 in Afrikaans) - Port Nolloth, Goegap Natuurreservaat en laaste week in Springbok :-)
Port Nolloth was so mooi dat ons Maandag besluit het om nog 'n aand daar oor te slaap. Ons het toe in McDougal's baai geslaap so klipgooi van daar af.
Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesê hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lê met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie.
Dit was hemels.
Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het. En *het* ons toe baie mooi skulpe opgetel! Te veel om huistoe te bring, dis verseker! Maar baie is in elk geval nogsteeds saam.
Die mense is baie vriendeliker by die Weskus as in die binneland en hulle deel sommer graag stories. So leun 'n tannie oor haar muur en knoop 'n geselsie met ons aan toe ons so lekker stap deur die strate. Sy vertel ons toe dat daar op Port Nolloth 'n museum privaat besit word deur 'n man met die naam George. Hy is in sy 70's en hy was 'n diamant duiker in sy jonger dae. Hy is 'n regte eksentrieke oom wat so bietjie "rough around the edges" is. Ons het hom natuurlik toe gaan soek.
Charma met haar sensitiewe reuksintuig wou nie baie naby aan hom staan nie maar Declan het amper teen hom gestaan om aan sy lippe te hang terwyl hy sy stories vertel. Hy het 'n kleinhuisie vol skatte in sy museum - allerhande artefakte van jare terug van die omgewing, fotos van sy tyd as diamantduiker en stories van vriende van hom wat dood is terwyl hulle geduik het en van mense wat uitgevang is vir diamantsmokkelary.
Net so voor ons daar weg is toe vra Pieter hom of hy "off the record" kan sê of hy al 'n diamant opgetel het en in sy sak gedruk het. George het 'n lang storie begin vertel van toe hy net begin het as duiker daar op Port Nolloth en hoe min geld hy verdien het. En hoe hy eenkeer 'n stukkie sien lê het op die seebodem. Hy sê 'n diamant proe anders as 'n gewone klippie, en hy voel ook nie soos 'n gewone klippie nie. Hy het hom opgetel en na 'n man op die dorp gevat wat bekend was daarvoor dat hy sulke "deals" doen uit sy winkel. Die man van die winkel het na die "klippie" gekyk en agtertoe gegaan om dit te toets. Toe hy weer vorentoe kom toe laat weet hy vir George die klippie is R10 000 werd...
Ongelukkig op die crux van George se storie het daar toe nog mense by sy museum aangekom en hy het homself in die rede geval om die mense te gaan help. Nou sal ons altyd bly wonder...
Dieselfde tannie wat oor die muur geloer het toe ons verby haar huis gestap het, het ook vir ons vertel hoe hulle nou al jare lank die huisie daar op Mcdougal's baai het en van haar man wat grootgeword het in Springbok en sy twee susters wat die huise weerskante van hulle s'n besit. Sy het gesê ons moet gaan pizza eet by "Vespettis" en uitkyk oor die see as die son sak en luister hoe die "bell buoys" sing en kyk hoe hulle die skepe die pad wys met hulle rooi en groen liggies.
Ons het dit toe ook natuurlik gedoen en dit was net so lekker soos wat sy gesê het dit sal wees, en nog boonop goeie waarde vir geld.
Dinsdag oggend het ons vir oulaas op die strand gaan stap en ons weer verkyk aan die baie skulpe. Toe ry ons deur Kleinsee toe om te gaan kyk hoe dit daar lyk. Net vir sommer, koop ons toe koffie by 'n koffiewinkel om te hoor wat die mense te sê het in daai wêreld. Dit was mooi om te sien hoe die mense se hoof ingang by meeste van die huise nog die *klein hekkie* is (wie het nog 'n klein hekkie wat gebruik word in Pretoria!) En party van die motorhekke kan mens amper nie eers sien nie! Dit het amper gevoel asof ons by 'n plek was waar die tyd stilgestaan het.
Terug in yskoue Springbok het ons lang dae van werk gehad. Die kinders het asseserings om klaar te maak en ek het punte om in te lees sodat hulle rapporte kan hê vir die kwartaal. Dit het die week laat verbyvlieg.
Vrydag het die weer vir die eerste keer hier in Springbok bietjie gedraai en ons kon die versoeking nie weerstaan op by 'n bult op te stap en die wêreld te bekyk van bo af nie. Dit is beeldskoon hier. As ons so uit ons vrieskas-huis klim dan is die wonder van die blomme wat sommer so oral groei elke keer van voor af mooi.
Ons was toe sommer geinspireer om vinnig by die oudste smeltoond in die land ook 'n draai te maak. Hy was gebou in 1866 vir die ontginning van kopererts. Ons het ook gaan soek na die blou myn waar Simon van der Stel in 1685 al 'n skag gesink het om koper uit te haal.
Daar was nie veel om te sien nie behalwe van ver af kan jy sien hoe blougroen die rotse daar lê. Daar is ook 'n ou sinagoge, ou klipkerkie en ou begraafplaas waar ons vinnig gestop het vir fotos. Alles is soveel mooier net as gevolg van die fraaie blommetjies wat dit alles omring.
Ons huisie op Mcdougalsbaai |
Dit het my herinner aan vakansies toe ek klein was en ek het vir Charma gesê hier sal ons vir seker pampoenskulpies optel. Ek onthou toe ek klein was hoe dit 'n hoogtepunt in my lewe was dat ek sulke mooi skulpe "ontdek" het op die strand en tussen die rotse. En die herinneringe het teruggespoel in my hart: die "stink" reuk van die seewier wat oral uitgespoel lê met klein goggas wat rondwoel om dit en die skatkiste in die sand van skulpe. Ek het toe ek klein was, roomysbakke vol seepampoentjies gehad, naderhand het ek dit uitgedeel as kersfeespersente en kersies daarmee gemaak want daar was nie meer plek in my kamer daarvoor nie.
Dit was hemels.
Jag vir pampoenskulpies |
Dit was dieselfde opwinding wat ek kon sien in Charma se ogies soos sy daai strand gefynkam het. En *het* ons toe baie mooi skulpe opgetel! Te veel om huistoe te bring, dis verseker! Maar baie is in elk geval nogsteeds saam.
Die mense is baie vriendeliker by die Weskus as in die binneland en hulle deel sommer graag stories. So leun 'n tannie oor haar muur en knoop 'n geselsie met ons aan toe ons so lekker stap deur die strate. Sy vertel ons toe dat daar op Port Nolloth 'n museum privaat besit word deur 'n man met die naam George. Hy is in sy 70's en hy was 'n diamant duiker in sy jonger dae. Hy is 'n regte eksentrieke oom wat so bietjie "rough around the edges" is. Ons het hom natuurlik toe gaan soek.
Charma met haar sensitiewe reuksintuig wou nie baie naby aan hom staan nie maar Declan het amper teen hom gestaan om aan sy lippe te hang terwyl hy sy stories vertel. Hy het 'n kleinhuisie vol skatte in sy museum - allerhande artefakte van jare terug van die omgewing, fotos van sy tyd as diamantduiker en stories van vriende van hom wat dood is terwyl hulle geduik het en van mense wat uitgevang is vir diamantsmokkelary.
In George die diamantduiker se museum op Port Nolloth |
Ongelukkig op die crux van George se storie het daar toe nog mense by sy museum aangekom en hy het homself in die rede geval om die mense te gaan help. Nou sal ons altyd bly wonder...
Dieselfde tannie wat oor die muur geloer het toe ons verby haar huis gestap het, het ook vir ons vertel hoe hulle nou al jare lank die huisie daar op Mcdougal's baai het en van haar man wat grootgeword het in Springbok en sy twee susters wat die huise weerskante van hulle s'n besit. Sy het gesê ons moet gaan pizza eet by "Vespettis" en uitkyk oor die see as die son sak en luister hoe die "bell buoys" sing en kyk hoe hulle die skepe die pad wys met hulle rooi en groen liggies.
Vespetti restaurant |
Ons het dit toe ook natuurlik gedoen en dit was net so lekker soos wat sy gesê het dit sal wees, en nog boonop goeie waarde vir geld.
Dinsdag oggend het ons vir oulaas op die strand gaan stap en ons weer verkyk aan die baie skulpe. Toe ry ons deur Kleinsee toe om te gaan kyk hoe dit daar lyk. Net vir sommer, koop ons toe koffie by 'n koffiewinkel om te hoor wat die mense te sê het in daai wêreld. Dit was mooi om te sien hoe die mense se hoof ingang by meeste van die huise nog die *klein hekkie* is (wie het nog 'n klein hekkie wat gebruik word in Pretoria!) En party van die motorhekke kan mens amper nie eers sien nie! Dit het amper gevoel asof ons by 'n plek was waar die tyd stilgestaan het.
Kleinzee |
Terug in yskoue Springbok het ons lang dae van werk gehad. Die kinders het asseserings om klaar te maak en ek het punte om in te lees sodat hulle rapporte kan hê vir die kwartaal. Dit het die week laat verbyvlieg.
Voordele van tuisskool - werk in slaapklere (darem net op ysige koue dae!!) |
Vrydag het die weer vir die eerste keer hier in Springbok bietjie gedraai en ons kon die versoeking nie weerstaan op by 'n bult op te stap en die wêreld te bekyk van bo af nie. Dit is beeldskoon hier. As ons so uit ons vrieskas-huis klim dan is die wonder van die blomme wat sommer so oral groei elke keer van voor af mooi.
Ons was toe sommer geinspireer om vinnig by die oudste smeltoond in die land ook 'n draai te maak. Hy was gebou in 1866 vir die ontginning van kopererts. Ons het ook gaan soek na die blou myn waar Simon van der Stel in 1685 al 'n skag gesink het om koper uit te haal.
Daar was nie veel om te sien nie behalwe van ver af kan jy sien hoe blougroen die rotse daar lê. Daar is ook 'n ou sinagoge, ou klipkerkie en ou begraafplaas waar ons vinnig gestop het vir fotos. Alles is soveel mooier net as gevolg van die fraaie blommetjies wat dit alles omring.
Saterdag het ons uiteindelik afgery na die Namakwa natuurreservaat om die blomme ordentelik te gaan kyk. Soos ons ritme nou al is, was die kinders nie regtig lus vir nog 'n naweek van rondry nie, maar al die negatiewe emosies het weggekwyn toe ons by die Skilpad reservaat aankom! Die helder oranje van die blomme het soos lakens oopgesprei gelê oor die heuwels, ek dink nie ek het in my lewe al so 'n mooi plek aanskou nie!
Daar het ons eers bietjie op die stap paadjies gaan stap en dan sien mens die wêreld mos EERS mooi duidelik. Ons het baie bloukop kogelmanders gesien, klipspringers en dassies. 'n Klomp voëls wat pragtig gesing het soos namakwaduifies (ons kon hulle nie mooi raaksien nie) en interessante goggas wat wegskarrel as ons nader kom. Ons het selfs 'n klein skilpad raakgeloop!

Vol moed het ons toe vandag weer Goegap natuurreservaat aangepak, die keer met die fietse. Laaskeer toe ons daar was, was dit yskoud en ons het nie so baie blommetjies gesien nie. Die keer was dit lekker warm, 29° en ons het besluit (nie baie slim in die hitte nie) om die 12 km roete te gaan fietsry. Hoewel ons amper dood is van hitte-uitputting, was dit pragtig, die pers blommetjies het opgemaak vir die hitte en natgeswete lywe!
Ons het ook 'n youtube video van ons tydjie in Springbok gemaak - gaan kyk gerus by https://youtu.be/ERXCE3joGXw

Opmerkings