Week 74 en 75 - die einde van hierdie avontuur

Om terug te gaan na 'n plek toe is dikwels baie anders as wat 'n mens dit onthou het. Laasweek was al vier van ons terug in Pretoria. Hierdie week was ons heelweek op die plaas naby Newcastle. Dit was die eerste keer in 'n jaar en 'n half wat ons al 4 dieselfde tyd in Pretoria was.

Hoe vreemd.

Maar ons is nie meer lus vir die gejaag van die plek nie. Ons hou nie meer van die groepsdruk in die skool nie. Ons sien nie meer kans vir die tyd wat so gesteel word deur verkeer en aktiwiteite en huiswerk nie.

Dit was natuurlik nie hoe ons oorspronklike plan was nie. Ons sou teruggaan en alles sou wees soos normaal. Maar dit kan nie meer wees hoe hierdie seisoen uitdraai nie.



Ons verlang terug na die see en ons voel asof ons nou tussen stasies is. Ons een avontuur is voltooi, en die volgende een het nog nie begin nie. Wat presies ons volgende avontuur gaan wees, weet ons self nog nie heeltemal nie. Maar hierdie kosbare tyd met mekaar kan ons nie sommer net so laat gaan nie. Die kinders word groter en ons tyd saam met hulle vlieg sommer verby. Voor ons ons oë gaan uitvee, gaan hulle groot wees.



Hierdie is dus die laaste "blog" vir hierdie 75 weke-lange avontuur wat net 'n jaar lank moes wees.

Ons het soveel lekker herrineringe opgebou. Ons het al vier nuwe vaardighede aangeleer. Ons het mekaar leer ken op maniere wat ons nooit sou kon regkry in Pretoria nie. Dit is wel definitief nie die einde nie.



Nou is dit tyd vir sit en beplan aan die volgende seisoen. En voorbereid wees daarop dat planne nie altyd presies uitdraai soos ons dit sal wil hê nie, maar dat dit ook deel is van die avontuur.

Sodra ons self weet wat dit gaan behels, sal ons dit op die blog bekendstel.

Geniet intussen al die youtube videos wat ons gemaak het (en nog moet maak!), of gaan kyk wat ons alles al gedeel het op facebook en instagram:-)




Opmerkings

Unknown het gesê …
Aaaah ek kan net dink hoe baie julle uitkyk op die lewe verander het, wow julle is sooooo 'n insperasie vir ons almal! Sterkte met die beplanning van jul volgende avontuur 💜
Annelie het gesê …
Liewe Declan! Hierdie Kitaartannie v jou is sommer verskriklik TROTS op jou oor net hoeveel jy gegroei het die afgelope 75weke as mens👋👋
Rut Cloete het gesê …
Baie dankie julle!

Gewilde plasings van hierdie blog

Finding King Shaka's Isivivane

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai