Week 36, 37 en 38 in Afrikaans - Berge, hutte en poele
Die laaste week van 2018 was presies so afgesonderd en seinloos soos ek gedroom het dit moet wees. Die jaar met sy sosiale media komponente het my begin moeg maak en die ewige gryp na my selfoon raak uitputtend. So die perfekte wegbreek was berge toe. Kragloos. Battery-laai-loos. Selfoonloos. Ons eerste oorslaap was in die Du Toitskloof berghut. Net na die hugenote tonnel moet jy 'n u-draai maak (eintlik draai jy links na 'n lodge toe en van daar af draai jy regs om aan die ander kant van die hoofweg te kom). Dan swaai jy uit na links op die ou pad en draai weer links by die eerste obskure pad wat jy kry. Die berghut is 'n klipgooi van die parkeer area verder op met die pad en is die eiendom van die bergklub van Suid Afrika. Water moet gehaal word by die bergstroompie so 100m van die hut af en wanneer die son ondergaan is alles pikdonker. Ek dink ek moet nou maar aan myself en die hele wêreld erken dat ek berge verkies bo die see. Daar is iets aan die majesti...