Plasings

Wys tans plasings met die etiket familie

Week 71 - Die Ooskaap

Prent
Die laaste week op 'n plek het 'n vreemde uitwerking op ons. Ons is gereed om te gaan in ons harte en aanbeweeg is 'n lekker vooruitsig. Maar elke keer raak ons nogal geheg aan mense.  Laaste "surf" by "Pipe" Ons land is vol oulike mense. Lieflike mense. Interessante mense. Dis elke keer nog lekker gewees om hulle te ontmoet en bietjie te leer ken. Dit was elke keer ook moeilik om totsiens te sê. Konneksies met mense vat dus die koek van menswees. Dit is hoër as avontuur, beter as gedenkstene en museums en soeter as vakansies. Dit maak ons lewens vol en interessant. Niks is vir altyd nie en ons leer dit veral hierdie jaar. Dit is bittersoet. Vriendskappe loop soos seisoene - nie konstant dieselfde nie en altyd veranderend. "Sundowners" by die hawe Ons het hierdie week vir oulaas gaan branderplankry by "Pipe" en "Millers Point". Ons het die sonsondergang gaan kyk by Maitlands, hamburgers gaan eet ...

Week 69 - Port Elisabeth

Prent
Die stad het nie sy naam gekry van die koningin van Engeland nie - al mag mens vergewe word as jy dalk so gedink het. Port Elizabeth het sy naam gekry as gevolg van een man se liefde vir sy vroutjie. Sir Rufane Donkin se vrou Elizabeth, is oorlede net voor hy Suid Afrika toe gekom het om te dien as die waarnemende goewerneur aan die Kaap. Hy het vir haar 'n piramide opgerig wat oor die hawe uitkyk in wat nou die Donkin Reservaat is en 'n koperplaat op die piramide gesit met die woorde " To the memory of one of the most perfect of human beings who has given her name to the town below." Dit is seker omdat die stad se naam uit liefde gebore is, dat die mense hier so vriendelik is :-) Nadat ons laasnaweek bietjie afgesit is deur die dogtertjie wat haarself sommer net so verlig tussen almal, het ons Maandag na skoolwerk besluit om die stad bietjie te gaan verken. Ons eerste stop was die Tramways gebou. Ons maatjies het vir ons 'n boek gegee oor die besighe...

Week 62 - Jeffreysbaai, Bergrivier en tyd om aan te beweeg (2 km verder)

Prent
Ek kan nie glo ons is al klaar weer by Sondag nie. Die weke vlieg een vir een verby teen die spoed van lig en met elke sonsondergang sê ons dankie vir die voorreg wat ons het om hierdie lekker lewe te kan lewe van reis deur ons mooiste land. Mooiste golwe Die voorspelling vir die week se golwe het maar sleg gelyk, maar Maandagoggend was daar 'n straaltjie hoop vir mooies om deur te kom. Dit het ons forseer om bietjie vroeer op te staan en in die koue uit te gaan om te gaan speel. Tussen die vier van ons staan ons branderplankry-sake so: Pieter skop ons almal se alies met die branderplankry (asof ons dit nie verwag het nie). Hy gaan dieper en verder in as wat ons voor kans sien en lyk asof hy al jare lank die ding doen. Declan is kort op sy hakke. So kort op sy hakke dat ons nou al weet die dag kom dat hy nie meer saam met ons op ons golfies wil speel nie, hy sal beter en sterker wees as Pieter want hy het vroeër (op 'n jonger ouderdom) begin. Charma is baie dapper ...

Week 57 - Ons laaste volle week in Plettenbergbaai

Prent
Hierdie week het ons baie werk (WISKUNDE) gehad om te doen, maar tussenin het ons opgelees oor haaie, geleer hoe loeries sing en hoe om stories beter te vertel. So tussendeur die tafels en tellery het die kinders ook geleer hoe om vloere ordentelik te vee en badkamers skoon te maak... 'n mens kan regtig so baie doen met tuisskolery :-) Wiskunde ... Dinsdag het ons gery na die Forest Hall Estate toe om vir Pieter (of Piet) te ontmoet. Hy bestuur so paar sulke pragtige ou plase hier in Suid Afrika vir oorsese mense en was vriendelik genoeg om ons toe te laat op hierdie een naby Plettenbergbaai. Die huis dateer uit die 1800's uit en is omskep in gastekamers vir mense wat stylvol en geseënd is (ons is ook natuurlik geseënd, maar ek bedoel op 'n spesifieke geldelike manier geseënd :-)). Al die geboue op die plaas is dieselfde mee gedoen en mens kan heerlike samekomste op hierdie pragplek vier. Die mooi groot huis op Forest Hall Estate Ons was egter daar vir die st...

Week 44 - Onrus, Bettiesbaai, Botrivier

Prent
Ons het vroeg opgestaan Maandagoggend en vol opwinding in ons harte, ry ons toe lughawe toe! My ouers kuier heelweek hier by ons en ons kon nie meer wag nie! Na ons hulle opgetel het, het ons in Longstreet gaan ontbyt eet en ek en Pieter is toe agtergelos daar vir ons eerste "date night" in wat voel soos 'n honderd jaar. Heerlik. By 'n Etiopiese restaurant in Long Street Longstreet in Kaapstad is vol karakter. En dan is daar nogal baie soorte karakters ook wat daar rondhang. Ons het gesien hoe sakkerollers ("pick-pockets") hulle beste aandag-aftrek tegnieke gebruik om hulle besigheid te doen, hoe dwelmverkopers slinks uitvind wie potensiële kliente is, en hoe toeriste met blink oë van winkel na winkel, of restaurant na restaurant stap. Dit is 'n plek wat baie "hip and happening" is, maar tog soveel geheime van lank, lank gelede wegsteek dat dit amper vir my voel ek moet sykouse en 'n mooi hoed dra met rooi lippe en donker geg...