Week 69 - Port Elisabeth
Die stad het nie sy naam gekry van die koningin van Engeland nie - al mag mens vergewe word as jy dalk so gedink het. Port Elizabeth het sy naam gekry as gevolg van een man se liefde vir sy vroutjie. Sir Rufane Donkin se vrou Elizabeth, is oorlede net voor hy Suid Afrika toe gekom het om te dien as die waarnemende goewerneur aan die Kaap. Hy het vir haar 'n piramide opgerig wat oor die hawe uitkyk in wat nou die Donkin Reservaat is en 'n koperplaat op die piramide gesit met die woorde
"To the memory of one of the most perfect of human beings who has given her name to the town below."
Dit is seker omdat die stad se naam uit liefde gebore is, dat die mense hier so vriendelik is :-)
Nadat ons laasnaweek bietjie afgesit is deur die dogtertjie wat haarself sommer net so verlig tussen almal, het ons Maandag na skoolwerk besluit om die stad bietjie te gaan verken. Ons eerste stop was die Tramways gebou. Ons maatjies het vir ons 'n boek gegee oor die besighede in die stad oor die laaste 150 jaar en daarin het ons gelees van die our tremspoor-gebou wat gerestoureer is en nou 'n baie funksionele plek is waar kantore is, markte gehou word en selfs funksies.
Port Elisabeth is vir my 'n mengsel van Johannesburg en Kaapstad, net sonder die verkeer. Die stad is skoner as wat mens sou verwag en die geboue is versprei soos 'n samekoms van oud en nuut. Die strande is mooi en die mense hier is lief vir die buitelewe. Die meeste mense maak oogkontak en groet jou as jy verby hulle stap en ons voel by meeste plekke baie veilig.
Fort Frederick is gebou in 1799, vier jaar na die eerste Britse besetting van die Kaap, om die dorpie en die hawe te beskerm. Ons het daar ook gaan kyk na die ou geboue wat nog staan en die mooi uitsigte geniet.
Nog in die stad het ons die ligtoring by Donkin se piramiede gaan uiklim waar ons baie van die ikoniese ou geboue kon sien van bo af. Ons het ook die Campanile gaan uitklim, St George's se krieketveld gaan kyk en ook Settlers Park gaan besigtig. Die Campanile is 'n kloktoring wat opgerig is om die koms van die settlaars in 1820 te herdenk. Ons het al 204 trappies geklim tot bo, en was baie teleurgesteld dat die klokke nie gespeel het elke 15 minute soos ons gelees het dit moet nie. By St George se krieketveld was daar mooi ou fotos van die eerste rugby toetswedstryd wat gespeel is hier in die 1890's en die Settlers Park is die mooiste stuk groen in die stad wat jy aan kan dink.
Dinsdagaand het ons die sonsondergang gaan geniet saam met die Curries by Sardiniabaai. Dit het ons bietjie herinner aan Oesterbaai met die massiewe sandduine wat daar lê. Hier het die sand gewen, want Ross het vertel van 'n pad wat geloop het tot by die see, en geboue vir die lewensredders en dit alles is nou net onder die groot sandduine. Dit is nie ver uit die stad self uit nie, maar as jy daar is voel dit asof jy in die middel van nêrens is nie.
Konneksies met mense maak plekke altyd meer as wat hulle net op hulle eie kan wees. Ons het dit gevind oral op die padrit sover. As 'n mens ervarings kan deel, en oomblikke kan saamhê by plekke, dan is jou herinneringe aan die plekke soveel soeter. Ons is dankbaar vir vriendskappe wat gevorm word op hierdie toer.
Iets wat help daarmee is die bergklub wat ons by aangesluit nog voor ons met die padrit begin het. Die bergklub het seksies regoor Suid Afrika en hulle besit van die mooiste grond in Suid Afrika (dis nou as jy - soos ons - dink berge is mooi). Ek het eintlik lankal gejeuk om die Ooskaap seksie te kontak om te hoor watter lekker dinge hier rond doen, en die week het ek uiteindelik daarby uitgekom. So Woensdagmiddag het ons saam met hulle, hulle weeklikse stap gaan doen by die "Lady's Slipper" - 'n berg hier naby Port Elisabeth wat lyk soos 'n haakskoen wat op sy kop lê. Dit is glad nie 'n ver ent se stap nie, maar dit is baie steil. Die Ooskaapse bergklublede stap dit elke Woensdag van 16h15 en daarna gaan eet hulle saam by 'n restourant daar naby.
Die res van die week was branderplankry eerste op die lysie. Ons gunsteling plek is "Miller's Point". Dit is ook op rotse, maar die golwe is mooi skoon en meestal hanteerbaar - veral vir Declan en Pieter. Ek en Charma het ook bietjie die plek voor Macarthur Pools uitprobeer - want die golwe daar breek nie op die rotse nie.
Gister het ek en Charma saam met Lauren en Olivia die Sacramento staproete gaan stap. Dit is 'n 8km sirkelroete al die pad van die plek waar 'n Portugese skip gesink het in 1647 tot by Sardiniabaai waar ons sie sonsondergang vroeër die week gaan kyk het. Dit is pragtig om so langs die see te stap en die veranderende landskap dop te hou. Rotspoele, veldblomme en sandduine al die pad en vir die eerste keer vandat ons in Port Elisabeth is, SKULPE!
Vandag is 'n lekker lui dag by die huis terwyl ek probeer om ons youtube-videos op datum te kry en reg te maak vir die werksweek wat voorlê. Hierdie week gaan ek bietjie in die Kaap gaan werk, en die kinders se skoolwerk-lysies is gemaak sodat hulle op hulle eie kan aangaan met al hulle werkies.
Ons het vir alle praktiese doeleindes nog net een naweek oor in Port Elisabeth. Ek moet sê die stad groei nogal op my. Dit is lekker hier.

Die Campanile |

Opmerkings