(Week 20 - In Afrikaans) - Van Noordwes tot in die Noordkaap
As ons Sondag soos kinders gevoel het met ons gespelery by Sun City dan het ons lywe ons Maandag goed herinner dat ons nie meer 10 is nie! (Dit tel nou net vir my en Pieter, natuurlik).
Die Pilanesberg natuurreservaat het ons verras met 3 leeuwyfies langs die pad. Ons het stilgehou en hulle seker 'n goeie uur lank dopgehou. Al drie was baie wakker en besig om iets stip dop te hou. Die een wyfie het toe opgestaan en met haar kop laag en nek lank in die rigting in beweeg wat hulle 3 dopgehou het.
Daar was blouwildebeeste in daai rigting en dit het gelyk asof sy hulle gaan aanjaag van daardie kant af in die rigting van die ander 2 wyfies wat intussen ook nader begin beweeg het. Dit is darem maar mooi om die reuse katte dop te hou in aksie, die interessante ding was ook om te sien hoe ingestel hulle op mekaar ook is.
Hulle het lank so in eenheid beweeg, die voorste leeu wat met 'n wye draai loop om die blouwildebeeste in die regte rigting te forseer, en die ander 2 wat op te beurt stadig nader beweeg. Teen die tyd was ons al baie karre wat daar saamgedrom het, en miskien was dit die rede dat hulle jaguitstappie op die ou einde misluk het, want ons het in die verte die wildebeeste gesien laat spaander om weg te kom van die leeus af. Die 3 het nie vreeslik getreur oor hulle verlore vangs nie, hulle het hulleself net lekker lui onder 'n boom uitgestrek vir 'n laat oggend slapie.
Die Pilanesberg het darem vir ons witrenosters, kameelperde, zebras, olifante, seekoeie en rooibokke ook gehad, maar wat vir my uitgestaan het was die lepelaar wat soos 'n flamink op een been gestaan en slaap het in die water. EN daar was 'n mooi pienk flamink ook gewees in die water!
In die park was daar ook ou bouvalle van die Tswanas wat nog gestaan het van 100de jare terug.
Maandagaand het ons oorgeslaap by my nefie (wat ek meer as 20 jaar terug laas gesien het) en sy vrou in Mafikeng (Mahikeng) en hulle het ons en die kinders behoorlik bederf al het ons eers naby 8uur die aand eers daar aangekom!
Ons het heerlik gekuier tot na middernag en die volgende oggend met dik geswelde oƫ van min slaap mekaar gegroet - eintlik hartseer dat ons nie net nog so bietjie kon kuier nie.
Daardie middag het ons ingeboek by Kuruman in 'n huisie en bietjie rondgery om Robert Moffat se sendingstasie te gaan besoek. Hulle lyk soos dapper mense wat goeie werk gedoen het, die grootste miskien dat hulle die hele bybel in Setswana vertaal het.
Iewers het Pieter gehoor van die hotel op Hotazel en ons het soontoe gery vir ietsie om te drink. Daar gekom was ons bly om die eerste blomme te sien langs die pad en op die golfbaan. Dit is darem maar beeldskoon. Die hotel kon ons nĆŖrens kry nie en die "recreation centre" was onder konstruksie, so spar se koeldrank en droĆ« wors was toe maar 2de beste opsie.
Die volgende oggend is ons vinnig na die Oog van Kuruman, dis 'n natuurlike fontein wat elke dag 20miljoen liter water voorsien.
Die Moffats het 'n voor gebou van die fontein af en die water gebruik vir hulle tuine en huishoudelike gebruik.
Oppad na Ulco het ons gestop by die wonderwerkgrot waar San mense gewoon het vir honderde jare.
Ons was baie bly om die rotstekeninge te kon sien daar wat hulle mooi restoureer het en nou bewaar na baie jare se vandalisme.
Bietjie verder aan op die plaas Mt Carmel is die Boesmansgat wat meer as 270 m diep is. Adam Kok I het blykbaar oortreders van sy wette in hierdie gat gegooi en daarvandaan die naam van die nabygeleƫ dorpie - Daniƫlskuil.
Op daai plaas (Mt Carmel) het ons springbokke gesien spring!
Trotse gemsbokke, statige elande en swart wildebeeste was ook volop.
Op Daniƫlskuil self het ons gou ook gaan kyk hoe die ou fort lyk wat die engelse daar opgerig het in die Anglo boere oorlog.

Blommetjies op Hotel se golfbaan |
Die volgende oggend is ons vinnig na die Oog van Kuruman, dis 'n natuurlike fontein wat elke dag 20miljoen liter water voorsien.
Die Moffats het 'n voor gebou van die fontein af en die water gebruik vir hulle tuine en huishoudelike gebruik.
Ons was baie bly om die rotstekeninge te kon sien daar wat hulle mooi restoureer het en nou bewaar na baie jare se vandalisme.
Bietjie verder aan op die plaas Mt Carmel is die Boesmansgat wat meer as 270 m diep is. Adam Kok I het blykbaar oortreders van sy wette in hierdie gat gegooi en daarvandaan die naam van die nabygeleƫ dorpie - Daniƫlskuil.
Op daai plaas (Mt Carmel) het ons springbokke gesien spring!
Trotse gemsbokke, statige elande en swart wildebeeste was ook volop.
Op Daniƫlskuil self het ons gou ook gaan kyk hoe die ou fort lyk wat die engelse daar opgerig het in die Anglo boere oorlog.
In Ulco bly my niggie en haar man en daar het ons oorgeslaap nadat ons weer heerlik gekuier het. Familie en vriende is darem maar 'n wonderlike iets om te hĆŖ. Dit besef ons verseker op hierdie toer.
Van Ulco af is ons verby Owendale, deur Postmasburg verder na die Witsand natuurreservaat.
Dit is een van die plekke waar die sand brul as jy daaroor ry of op dit spring. Dit was 'n laaang grondpad tot by die reservaat en daar was omtrent geen plekke waar ons selfoon of internet opvangs gehad het nie.
Die grondpad het geleidelik witter geword hoe nader ons beweeg het aan die reservaat en die landskap is veelkleurige kontraste van plantegroei in die dorre sand wĆŖreld. Die sand wou ongelukkig nie die dag vir ons brul nie maar ons het wel lekker by die duine afgegly op sandplanke wat gepolitoer is om nog gladder te wees!

Die pad verder neem ons toe deur kleiner dorpies soos Groblershoop, Lambrechtsdrift en Grootdrink. Dit het ons ook verby baie versamelvoƫlneste, klein bokkies langs die pad (dalk klipspringers?) En witborskraaie geneem.
In die rangorde van woorde, skiet "mooi" ver tekort om die noord kaap te beskryf.
Dit lyk asof die rotsreuse se kinders so gespeel het en hulle klipblokkies geboue oral omgeval het. Wanneer kinders mos speel met blokkies dan word daar allerhande dinge gebou; beeskrale, huisies en paaie, torings en trappies en heinings. Hekke en sypaadjies. Partykeer staan daar hier en daar nog so 2 blokkies opmekaar van die reuse kinders se speletjies, maar meeste van hulle lĆŖ net op 'n hoop. Dot is hoe dit vir ons gelyk het.
By Riemvasmaak - die rotse lye soos 'n mamma en kind wat mekaar soen |
Dit lyk asof die rotsreuse se kinders so gespeel het en hulle klipblokkies geboue oral omgeval het. Wanneer kinders mos speel met blokkies dan word daar allerhande dinge gebou; beeskrale, huisies en paaie, torings en trappies en heinings. Hekke en sypaadjies. Partykeer staan daar hier en daar nog so 2 blokkies opmekaar van die reuse kinders se speletjies, maar meeste van hulle lĆŖ net op 'n hoop. Dot is hoe dit vir ons gelyk het.
Toe ek vir die kinders vra om die wĆŖreld hom hulle bietjie te beskryf toe sĆŖ sy:
"Hierrie lyk soos 'n woestyn... ek word sommer honger"!
'n Waterwiel |
In Kakamas het ons 2 nagte oorgeslaap. Dit was sodat ons na die Augrabiese watervalle kon gaan kyk. Die oom van die gastehuis waar ons geslaap het, het vir ons so sirkelroete uitgewerk vir die dag - Riemvasmaak was ons eerste stop.
Dit is een van die eerste areas wat teruggegee is vir die mense na 1994. Voorheen was daar 'n weermagbasis en oral is daar kennisgewings op wat jou waarsku om nie vreemde voorwerpe op te tel nie omdat dit dalk bomme kan wees.
By riemvasmaak is daar 'n warmbad. Ons het heerlik daar geswem totdat die muggies ons weggejaag het. (Daar is BAIE muggies daar rond die tyd van die jaar).
Die watervalle laat net een woord by my opkom: SPECTACULAR! (jammer ma). Dit is regtig ongelooflik mooi. Die kontraste van hierdie wĆŖreld is nog meer sigbaar met die groot hoeveelhede water hier rond, en nog bly dit dor en droog. Die dapperste van die blomme en plantewĆŖreld lewe hier.
In die park het ons gaan kyk na die maanrots, ararat, en eggo hoek. Oor en oor het ons woordeloos gestaar na die mooie droƫ plek.
Pofadder middagete |
Naby Pofadder het ons 'n kuifkoparend en 'n sekretarisvoƫl gesien en na 'n vinnige stop in Pofadder vir 'n worsrolletjie by die boeremark is ons verder na Pella, 'n ou ou sendingstasie waar 'n mooi ou katolieke kerk is.
Pella |
Springbok het ons verwelkom met yskoue weer, maar tog dapper blommetjies langs die pad wat hulle kleure gewys het.
Ons bly in 'n oom en tannie se huis, so die beddens en banke het almal die mooiste gehekelde lappies en komberse op, dit voel sommer lekker hier. Hulle het 'n groot gastehuis en die huis staan op die oomblik leeg, maar die plan is dat hulle later hier sal kom bly. Hulle meubels en goed is al min of meer hierdiekant.
Blommetjies oppad Springbok toe |
Vanoggend het ons bietjie gaan rondry in die Goegap natuurreservaat, maar dit is so koud dat ons maar vinnig teruggekom het om onder die komberse te kom skuil.
Ons sien uit na 'n heerlike maand hier, dis so lekker om weer so bietjie langer op een plek te bly so ons hoop om weer terug te kom in 'n goeie roetine sodat werk en skool weer op datum kan kom!
Opmerkings