Week 26 in Afrikaans - Lambertsbaai
Lambertsbaai was ons volgende stop.
Pieter het vir ons 'n pragtige plekkie bespreek met 'n dakkamer (wat Charma onmiddelik ge"deps" het!) en 2 slaapkamers onder... so hier is slaapplek vir 5 mense maar dis gelys as 'n 4-persoon huisie.
Ons was bietjie vroeg al gereed om in te boek want Vredendal is nie so ver van hier af nie en 'n tannie wat hier naby bly (die opsigter) het gou kom kyk of alles reg is vir ons. Sy het baie vinnig gesê ons moet nie daar bo slaap nie want hulle het al 'n "insident" gehad. Charma se gesiggie het dadelik geval en ek het net vir haar gesê "sssjjjt" want ek het gedink as sy by Mtunzini nie by die leer afgeval het nie sal sy sekerlik nie by die trappies hier afval nie.
Pieter het vir ons 'n pragtige plekkie bespreek met 'n dakkamer (wat Charma onmiddelik ge"deps" het!) en 2 slaapkamers onder... so hier is slaapplek vir 5 mense maar dis gelys as 'n 4-persoon huisie.
Ons huisie in Lambertsbaai |
Ons was bietjie vroeg al gereed om in te boek want Vredendal is nie so ver van hier af nie en 'n tannie wat hier naby bly (die opsigter) het gou kom kyk of alles reg is vir ons. Sy het baie vinnig gesê ons moet nie daar bo slaap nie want hulle het al 'n "insident" gehad. Charma se gesiggie het dadelik geval en ek het net vir haar gesê "sssjjjt" want ek het gedink as sy by Mtunzini nie by die leer afgeval het nie sal sy sekerlik nie by die trappies hier afval nie.
Trappies na die boonste kamer |
Hier is gelukkig 'n Spar hier waar ons inkopies vir die week kon doen en lekker strate vir fietsry (so ons kon redelik "lig" ry van Vredendal af sonder inkopie-sakke vol inkopies vir die week). In ons rondry deur die dorp, ry ons toe verby een of ander plek waar Charma "The Greatest Showman" (haar allergunsteling fliek) gesien het. Sy was verskriklik opgewonde want sy dink toe dit MOET wees waar PT Barnum se eerste "museum" was(as jy nog nie die fliek gesien het nie skip maar die paragraaf). Ek het nie gesien wat sy gesien het nie so ek het nie regtig geweet wat om te sê nie, maar haar ogies het geblink en ek het haar verseker ons sal gaan kyk wat daar is. Later die dag smeek sy ons weer toe dat ons moet gaan kyk en ons ry toe sommer fiets op dieselfde paadjies waar ons vroeër die dag was. "Daar is dit!" roep sy toe uit net so voor die Lambertsbaai hotel. Ons parkeer ons fietse toe voor die ingang en voor ek mooi kon agterkom waar sy wat gesien het, hardloop sy en Declan toe in die kroeg in waar niks anders as 'n massiewe groot "Johnny Walker" standbeeld staan nie!
Daar was toe fotos geneem en alles en baie vragies oor wie Johnny Walker is. (:-))
The Greatest Showman aka Johnny Walker |
Daar was toe fotos geneem en alles en baie vragies oor wie Johnny Walker is. (:-))
Ons het nou al by meer as 5 verskillende mense gehoor van die amazing opelug restaurant by Lambertsbaai waar jy op die strand allerhande seekosse verorber wat hulle net daar op oop vure gaarmaak. Muisbosskerm maak net hulle deure oop as daar 15 mense bespreek het en eers het ons gehuiwer (nadat ons die pryse gesien het - veral vir die kinders) om te bespreek, maar ons besluit toe dis een van daai "once in a lifetime" dinge om te doen, en ons vat toe maar die "plunge".
Dit was heerlik. 'n Opelug restaurant met skerms van houtpale en takkies gemaak om die wind te keer; oop vure om die kos op gaar te maak en tafels en stoele oral uit gepak. Daar aangekom met drink goeters in die hand, tuur ons so uit oor die see en sien ons wragtig 'n baba-rob op die strand! Ons het hom (en die sonsondergang) lank dopgehou en toe ons nie meer in die koue wind kon hanteer nie het ons gaan skuiling soek agter die muisbosskerm.
Te veel kos om te eet was opgedien; snoek, engelvis, bottervis, kreef, mossels, calamari en lekker chips, groente en slaai. Die eienaar het spesiaal vir Declan kom leer hoe om 'n kreef uit sy dop te haal en die mannetjie het omtrent sy vingers afgeëet so lekker was dit vir hom!

Muisbosskerm |

Woensdagmiddag na ons werkies gedoen is, het ons gou na die voëleiland toe gegaan. Dis nie regtig meer 'n eiland nie want jy loop soontoe op iets wat soos 'n pier gebou is. Op die "eiland" is duisende see voëls: seemeeue, albatrosse, malgasse en kormorante. Daar was ook robbe wat ons so in die verte kon raaksien en moontlik (?)pikkewyne (wat ons nie so mooi kon sien nie!).
Lambertsbaai Voeleiland |
Ons het allerhande interessante dinge op die strand hier gesien. Iets wat lyk soos walvisvet lê oor 'n klomp rotse versprei; 'n Hond wat diep in die see inswem om seebamboese uit te haal; rotse wat lyk soos verweerde sement met skulpe ingedruk; en die interessantste klippe en skulpe waaraan jy kan dink.
Die weskus mense is almal lief vir gesels. Hulle hou daarvan om uit te vind waar jy vandaan kom en waarheen jy oppad is, maar nie een van hulle was al gereed vir ons nuus dat ons op 'n jaar-lange padrit is nie.
Dis asof hulle so half moet "reboot"...
...daar kom so "blank" uitdrukking op hulle gesigte en party van hulle gaan dan aan met die gesprek asof hulle nie mooi gehoor het nie.
Die kinders dink dis baie snaaks dat die een ou tannie sê "hé?!" as sy nie mooi hoor wat jy gesê het nie ... en ook as die mense praat van "loop" en nie "gaan" nie. Hulle lag hulleself simpel as hulle so met mekaar praat. "Gaan ons nou loop eet?". "Moet ons nou loop speel?"... en so aan...

Vrydagmiddag het ons gery tot by Elandsbaai en Declan se lyf het gesmeek om te gaan "surf"... maar ons het die "board" mos agtergelos in Kingsburgh en sy "wetsuit" is per ongeluk op die plaas vergeet. En hier op die weskus sal jy vrek van die koue as jy te lank in die water bly. Ons het lank op die strand gestap en staar na die branderplankryers daar diep in die see.
Elandsbaai |
Al die weskus dorpies is klein verassings. Klein en mooi met wit strande en kronkels en draaie aan die kuslyn. Dis meeste van die tyd winderig, maar op een of ander manier is dit oraait en ons geniet dit nogsteeds.
Strandfontein |
Saterdag het ons deurgery Strandfontein toe en daar naby is Doringbaai. Strandfontein is besaai met mooi spoelklippe en Doringbaai het 'n diamandboot klipgooi van die strand af gehad.
Vandag het die wind verwoed gewaai en ons het eenkeer uitgegaan om te stap maar toe is dit heeltemal te onplesierig, so ek lees maar "Kringe in 'n bos" hardop vir Pieter en die kinders.
Ons eet onsself dik aan seekos hier, maar dit voel soos die regte ding om te doen onder die omstandighede.
Opmerkings