(Week 9 - In Afrikaans) - Durban, Pietermaritzburg, vallei van 1000 Heuvels

So vandag toe ons terugry huistoe was dit interessant om te sien hoe opgewonde ons was om "huistoe" te gaan. Dit wys jou net hoe aanpasbaar ons kan wees dat ons klaar so tuisvoel in hierdie woonstel!
Maandag het ons toe die haai-ding gaan doen. Ons was vroeg op en het op Wilson's wharf gewag en gehoop die KZN sharks board daag op. Hulle was bietjie laat, maar ons het darem nie te lank gewag in die donker nie.
Dit was net ons en 3 uitruilstudente van Ierland wat op die bootrit gegaan het. Hulle het gelyk of hulle al lekker moeg is vir uitstappies en nie meer kan wag om terug te gaan huistoe nie.



Die boot het 'n dek bo gehad en ons almal het daar gaan sit vir 'n beter "view". Net 'n entjie in, toe raak Charma benoud en ek en sy gaan sit toe maar onder. Ek het amper gedink dit was 'n slegte plan om uit te gaan met die boot maar toe kom daar hordes dolfyne verby! Sy vergeet toe gelukkig van haar vrese en is toe konstant op die uitkyk vir dolfyne. Dit was regtig pragtig. Ons het nie een haai gesien nie, maar het wel gekyk hie hulle die haainette nagaan. Blykbaar vandat hulle die haainette gebruik was daar nog nooot weer 'n haai-aanval op doe durban strande nie.



(Charma het 'n baie oulike blog-post hieroor geskryf - kliek hier)
Die week was 'n warboel van vinnig deur handboeke lees om kennis op te doen oor Geskiedenis, Geografie en NW sodat Declan sy asseserings en eksamens kan afhandel vir skool. Hy het nou nog net lewensvaardighede oor om klaar te maak, dan is ons offisieel klaar met die 2de kwartaal.
Met dit alles het ons nogsteeds dit reggekry om elke dag see toe te gaan, vis te vang en te probeer branderplankry ("surf")...  

Mens vang maar vis met een hand as jy moet werk tussen-in :-)

Vroegoggend visvang

Charma het hierdie week ook 'n maatjie gemaak met 'n dogtertjie op die 16de vloer en die het sommer al klaar vrydagaand by ons oorgeslaap! Haar hartjie is nou weer gelukkig.


Gister het ons Pietermaritzburg toe gery en die dorp gaan verken. Die geloftekerk wat die voortrekkers opgerig het was ons eerste stop. Dit is nou die msunduzi museum en het natuurlik 'n hele uitstalling oor apartheid en die verskillende gelowe en kulture in ons land in 'n gebou wat lyk asof dit 'n skool kom gewees het baie lank terug. Toe ek die man wat daar werk vra wat die gebou voorheen was, toe sê hy dat hy nou onlangs eers daar begin werk het en dat hy sal uitvind vir ons.
Toe ons weer verby hom stap oppad na 'n ander uitstalling toe, toe verklaar hy heel ingenome met homself "this building is called the reception".
In die voortrekkermuseum is daar 'n oorspronklike ossewa asook Dingaan se stoel. Daar is baie goed bewaarde voortrekker goed soos messe en klere en kappies en ons het dit baie geniet. Die ou by daai deel van die museum (dis nogal 'n baie groot plek) het nogal klem gelê daarop dat dit God was wie hulle gebed beantwoord het, en hoe onwaarskynlik hulle oorwinning eintlik was. Dit was vir my mooi gewees.

Die Geloftekerk

Daarna is ons na die stadsaal toe wat eintlik blykbaar toe is oor naweke. Die stadsaal se klokkespel is soos Westminster Abbey in Londen s'n en ons het darem so stukkie van hom gehoor! Dit is 'n pragtige ou gebou wat nog baie mooi is in die hartjie van die stad.
Pietermaritzburg se stadsaal
Binne is dit ook nog baie mooi


Ons het van daar af na die ou fort gaan soek - Fort Napier - maar waar hy moet wees is nou net 'n hospitaal... en Pieter se geduld het teen die tyd al begin min raak... so om plekke te soek het nie gewerk nie.
Ons ry toevallig toe verby die ou tronk... en amper het ongeduld (en hongerpyne) ons toe ook laat verbygaan maar gelukkig stop ons toe! Dit was ongelooflik. 

DIe ou tronk

Die personeel was so kundig en vriendelik en het die datums en geskiedenis uit hulle koppe geken. Die uitstallings was ongelooflik met oudio en visiele inligting oral. Hulle motto is "from darkness into light" so die geboue word nou ook gebruik vir gemeenskaps projekte en opleiding. Dit was regtig nogal 'n lekker ondervinding.

Binne in die ou tronk

Toe is ons al lekker honger en gaan hou toe piekniek by die botaniese tuine. Wat 'n asemrowende mooi plek met 'n laning ou eikebome wat massief uittroon bokant ons en klomp verskillende baie ou en hoë bome. Ons het met 'n bospaadjie geloop tot bo-op die heuwel waar ons 'n pragtige uitsig gehad het oor die mooie stad. 

Piekniek in die botaniese tuine
Die mooiste paadjie

Uitsig van bo af

Na ons lekker lang breek het ons gaan soek na "world's view" waar mens 'n 360 grade uitkyk punt het oor die wereld. Dit was lekker om te sien hoeveel swart gesinne ook daar was om vir hulle kinders die mooi plek te wys. Ons kon nie die ossewa spore kry wat die boek en die bordjie van gepraat het nie. Ek dink die onderhoud van die plek kry nie regtig meer soveel aandag nie..



Van daar af het ons gery na die Doreen Clark Nature reserve toe, wat beskryf word as 'n natuurreservaat met verskeie staproetes in die "mist belt" van 'n inheemse woud. Die staproetes is tussen 1 en 2 ure volgens google.
Ons het toe rustig gestap met genoeg water.... net om 10 minute later die weer met die sirkelroete (die enigste een) veilig by die kar te kom! Ons het darem bokkies gesien!

Doreen Clark Natuurreservaat


Ons het besluit om oor te slaap in Pietermaritzburg en dink toe dit sal lekker wees om 'n nuwe ervaring te hê... so ons bespreek toe 'n plekkie in die township naby die dorp. Die plekkie is gelys op airbnb en het goeie reviews gehad. Dit was 'n lekker interessante ervaring want Lindiwe en haar 2 groot seuns is baie aangename mense, en die buurt is verseker besig om al meer "beter af" te raak. (maw dis nie sinkhuisies nie, maar mooi, stylvolle baksteenhuise) Ons was omring deur proffesionele mense wat mooi karre ry en moeite doen met hulle huise. Dit het my sommer baie hoop gegee vir ons land.



Vanoggend het ons lekker koffie en beskuit geëet en final totsiens gesê vir Lindiwe-hulle en toe ry ons na die vallei van 'n duisend heuwels waar Pieter ons vir vadersdag gevat het om bietjie te gaan rotsklim! Dit was heerlik, Charma klim baie goed en het tot bo uit geklim, maar Declan het so net verby die halfpadpunt gekom. Hy was egter vreesloos met die abseil waar Pieter op 'n reddingstog moes gaan om vir Charma weer veilig op die grond te kry.
Na die lekker klimmery het ons huistoe gekom en dit was heerlik om weer in ons "eie" huisie te wees!




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Finding King Shaka's Isivivane

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai