Kantgordyne



Ek was nie altyd 'n kantgordyn girl nie. Maar toe ons hier intrek was dit asof dit iets geword het op my 'to-do' lysie. 

Ek kan nie naaldwerk doen nie, en het ook nie 'n masjien nie, maar my skoonsus, Leanie Stapelberg kan en het die bogenoemde en was lus om my te help. So begin die les toe:

Eers moet jy jou gordyne meet. 
Jy meet die reeling van links na regs en maal dit met 2 omdat jy nog die gordynband sal wil inryg. Ek het myne met nog 2 gemaal want ek wou dit 2 lae gee sodat mens nie deur kan sien van buite af nie. 

Dan werk jy some in aan die regter- en linkerkant. Ek het so oulike meet-dingetjie gebruik:


Dit is goed om met spelde dit eers te steek voor jy dit stik. 


Dan kan jy maar dit werk en soos jy vorder, die spelde een-een uithaal. 



Sodra altwee kante van altwee lae gordyne se some ingewerk is (onthou dat hulle na dieselfde kant toe gewerk is), kan jy hulle teen mekaar sit en aan mekaar vaswerk. 



Weer sal jy dit aanmekaar vasspeld en dat werk. Dis ook belangrik om die groot gedeelye van die lap aan jou linkerkant te hou sodat dit nie vassit nie. 

Nou kan jy die gordynband vasspeld:



Jy speld hom mooi kant teen mooi kant vas aan die bokant. Dan keer jy hom om en werk die onderkant ook vas. 



Dan is dit SIEDAAR!! Jou gordyn is klaar!!



Ek het myne heeltemal verkeerd gemeet en moes heelwat lostrek en van voor af begin. Maar op die ou end het dit toe mooi uitgekom!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Finding King Shaka's Isivivane

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Week 35 in Afrikaans - Stellenbosch, Houtbaai, Vishoek, Kalkbaai