Week 4 - In Afrikaans
Ons het 'n heerlike vol week gehad hier op die plaas.
Dis asof mens baie langer en dieper hier slaap, so ek het gesukkel om in my ou roetine van vroeg opstaan te kom.
Dis asof mens baie langer en dieper hier slaap, so ek het gesukkel om in my ou roetine van vroeg opstaan te kom.
My skoonouers is heerlik gasvry en ons het een hele deel van die huis vir onsself.
Ons sleepwa het een hoek wat besig is om te roes en Pieter het ingegaan dorp toe om dit reg te kry.
Hierdie week beplan hy om 'n beter rak te bou vir ons sleepwa om meer spasie beskikbaar te maak in die kar.
Die kinders het heelweek buite gespeel na hartelus. Wanneer ons uiteindelik onsself soggens uit die bed gesleep het, het ons ook gaan draf. Of eerder, Declan en Pieter het... ek het gewandel.
Pieter het die kinders verras met boomerangs en dit hou hulle heerlik besig tussen skoolwerk en ander speletjies.
Ons probeer bietjie zulu ook leer tussenin. Sover kan ons amper 10 sinne sĂȘ.
Na 'n lekker vol week (ons was uitgeput van al die werk!) Het ons Saterdag berg-op gery om Mont Pelaan te probeer bereik, per kar tot op 'n punt en van daar af te voet.
Helaas, ons het gefaal. Mont Pelaan was buite bereik.
Maar in die probeerslag het ons darem pragtige plekke gesien. Kan julle glo ons was in die vrystaat? En in die Vrystaat is die gras al morsdood van die koue winter!
Ons ry toe verder en kom weer uit by Newcastle waar ons toevallig die slagveld van Schuinshoogte raakgery het. Hier het die boere die engelse gewen op 8 Februarie 1881. Hoekom is dit dat sulke slagvelde se monumente hoofsaaklik opgerig is deur die Britte?
Van Schuinshoogte af, is ons deur na die Ncandu watervalle toe. Dit is amazing, want die gebied lyk redelik plat en waterloos. Jy moet tot by die valle ry voordat jy enigsins agterkom daar is so 'n waterval. Dit was regtig pragtig en ons het lekker lank daar gespeel. Die kinders word onmiddelik dapper in Pieter se teenwoordigheid. As mamma voorstel dat ons oor die waterval moet spring word daar paniekerig uitgeroep "nee!", maar saam met pappa word daar blinkoog saamgespring.
Na die Ncanduvalle het ons vinnig na die Chelmsford dam toe gery. Snaaks dat die sy naam behou het, dit was immers Chelmsford wie die Zulus aangeval het by Isandlwana. Die plek is mooi en die dam is groot, maar die beste van alles was dat ons verniet in kon gaan met my Wildcard!
Ons was lekker moeg toe ons by die huis aangekom het - en ons kon weer heerlik slaap hier in die vallei tussen die berge.
Opmerkings