Week 6 - In Afrikaans
Nog 'n week is verby en ons tyd hier op die plaas is vinnig besig om uit te loop. Ons sal so maklik hier kon "stuck" raak as ons volgende bestemming nie alreeds bespreek en betaal was nie!
Ons gesinnetjie se dinamiek is nogal besig om te verander met die kinders wat 'n baie hegter band vorm, maar ook in dieselfde asem hewiger begin baklei.
Ons gesinnetjie se dinamiek is nogal besig om te verander met die kinders wat 'n baie hegter band vorm, maar ook in dieselfde asem hewiger begin baklei.
Konflik tussen die sibbe |
Hierdie week was 'n mylpaal bereik daarin dat hulle 'n ordentelike werkie gedoen het met die opmaak van beddens. Hulle was ook nou skottelgoed op so manier dat daar nie meer vet aan vassit as dit "skoon" is nie en bêre ook skielik nou droë borde in die kas.
Die plaaslewe is goed vir hulle!
Die plaaslewe is goed vir hulle!
Mooi opgemaakte beddens |
Ons staan "redelik gereeld" almal op om te gaan draf, dan hardloop Declan ons almal weg en sit heel verveeld by die huis en wag tot ons terug is. Ek en Charma loop en fotos neem en draai om sodra Pieter verby ons draf.
Met die dat my skoonpa hulle bietjie weg is, hardloop die honde oral saam met ons waar ons gaan en ongelukkig is Bella, die prinses van die honde doodgery op die pad in die week. Daar was groot geween in die huis en 'n begrafnis is gehou vir haar die volgende dag. Declan het haar naam uitgekerf op 'n plat klip ('n grafsteen) en Charma het die graf versier met stokkies en blommetjies.
Hierdie week moes ons ook dan noodgedwonge dorp toe gaan en toe werk ons 'n vinnige besoek in na binnelandse sake toe, want alhoewel ek die kinders se paspoorte gedoen gekry het voor ons vertrek het in April, het ek vergeet dat hulle elkeen ook 'n "unabridged birth certificate" moet hê... Reg oorkant die binnelandse sake in Scott str is die stadsaal wat gebou om die jubileum van koningin Victoria te herdenk in 1897.
Ook in Newcastle is 'n Hindoe tempel wat blykbaar die grootste koepel het in die suidelike halfrond. Dit was in 1903 al gebou en is regtig nogal mooi. Dit lyk vir ons soos Aladdin se paleis.
Ek het hier op die plaas vir die kinders die storie gelees van "Malgas" - 'n boek wat ek by my maatjie Clarette se ma gekry het oor 'n seun en sy perd (Malgas). Dit speel af in die anglo boere oorlog en het Declan se hart so geroer. Ek dink dis hoekom hy toe vasberade vrydag middag die perde gaan vang het en vir Pieter gesmeek het tot hy een opgesaal het vir hom! Dis nogal 'n storie om daai perde gevang te kry, want hulle raak wild hier met die dat hulle nie so gereeld gery word nie. Ek was so trots op sy deursettingsvermoë om dit te doen! Noodloos om te sê was hy heelnaweek (sover hy kon) op 'n perd se rug xx
My boetie hulle het by ons kom kuier vrydag aand en saterdag oggend en ek het net weer besef hoe mis ons almal. Dit was so lekker om hulle te sien.
niggies en nefies saam |
Saterdag het ons tot by die bure se plaasdam fietsgery (seker so 4kms van die plaas af) en wragtig geswem ook!! Dit was so lekker uitstappie om die wêreld hier net nog so bietjie in te neem.
Vandag het ons ons groot nemesis aangepak - Mont Pelaan! Ons het met die plaaspad uitgery tot bo-op die berg so naby aan die piek as wat ons kon (dit het ons seker amper 2 ure geneem om tot daar te ry) en die kar agtergelos om verder te stap. Dit was 'n riller van 'n stap - ons het gesukkel en dit was flippin ver, maar dit was alles die moeite werd! Die kinders is ongelooflik dat hulle so ver kon saamstap, dit was regtig nogal veral vir Charma baie erg met tye. By die piek lê daar 'n vliegtuig wrak en dit was nogal interessant om te sien. Ons het as "bewyse" 'n stukkie van die wrak teruggebring huistoe om vir my skoonpa-hulle te wys.
(hier is ons youtube video van die avontuur... ek sukkel maar nog om ons videos ordentelik te "edit"... maar iets is altyd beter as niks)
Oppad terug het ons aangery tot by die normandien pas wat ook 'n "must-see" is in hierdie wêreld en nou is ons heerlik terug in ons huisie.
Opmerkings