Week 3 - In Afrikaans

Ons het weer veilig aangekom op die plaas, na 'n heerlike dag deur die groen middeland.
Eerste stop was Hilton waar die kids 'n wens gemaak het in 'n wensput. (Ons het eintlik net koffie gesoek, dis hoekom ons daar gestop het). Hulle was so opgewonde oor die nuwe ding dat altwee vergeet het om te wens voor hulle die geldjie ingegooi het! Gelukkig het Pieter nog bietjie muntstukke gehad en hulle het weer 'n "beurt" gekry.
Charma was onmiddelik teleurgesteld en gesê hulle het sekerlik die ding verkeerd gebou want haar wens het nie waar geword nie. Toe ons vra wat sy gewens het, toe sê sy haar wens was dat ons daar by die stop plek vir haar 'n klomp paas eiers koop.

By Howick het ons natuurlik na die waterval wat 95m hoog is gaan kyk en die kinders was behoorlik disgusted toe ek hulle vertel dat daar 'n seun in 1940 daar afgeduik het want sy vriende het het hom ge"dare" vir £20.



Van daar af is ons na die Karkloof waterval toe wat 105m hoog is! Ongelooflike mooi valle wat in my 1982 "Illustrated guide to southern africa" se fotos duidelik ook 'n swem en piekniekplek was, maar nou is "swimming prohibited".




Na Karkloof is ons deur na Nottingham Fort waar die Sherwood infantry no. 45 geroep is en daar gestasioneer is om die boere te beskerm teen die berg-boesmans. Ongelooflike onbekende geskiedenis geleer daar!
Ons het 'n man daar ontmoet "Alson Zuma" wat self ook kort en klein is en vertel het dat hy ook 'n boesman is. Blykbaar het die boesmans hulleself "weggesteek" tussen die ander volke en eers onlangs begin om hulleself te wys.





Toe het ons vinnig gaan kyk na hoe Michaelhouse lyk (die skool) en van daar af is ons reguit deur plaastoe.

Hier is ons nou tot die einde van die maand en ons moet nou ons werk-hoedjies opsit en ons grootmens-pligte nakom om darem nog so paar maande op die pad te kan bly!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai