Week 2 - In Afrikaans

Ons was nou heerlik vir 'n hele week in Umzumbe, naby Hibberdene.
Son en see en heerlikheid! Ons bure - Paul en Zelda het vir ons hulle week gegee hier, hoe wonderlik!
Ons het lekker gewerk en gerus, oppad hierheen het ons die eerste deel van die anglo-zulu slagveld roete gery volgens ons boek en ons het Isandlwana en rorke's drift besoek. Dis waar die Zulus die Engelse laat les opsê het.
Bo-op Isandlwana

 Wat 'n amazing ervaring om op die grondpaaie te ry in zululand. Aan die einde van daai dag het ons by Fugitives drift lodge gestop om ietsie te drink. David Rattray het die plek begin en sy seun het dit by hom oorgeneem. Hulle het ongelooflike werk gedoen tov navorsing oor die zulu oorloë en hulle het 'n pragtige plek waar mens kan oorslaap en begeleide toere saam met hulle doen.

Ons het laat die aand eers aangekom by ons huisie by die see en heerlik geslaap.
Die week was ook vol opwinding: Port Shepstone was ons eerste lokaas want die man en die kinders wil visvang! (Mamma hou nie so baie van visvang nie). Nadat die viswinkel leeggekoop is, het ons pad gevat en aangeklop by die methodist kerk wat 'n bord op hulle muur het wat 'n sopkombuis adverteer. Ons besluit toe om aan te meld vir diens en die kids het dit baie geniet om in te spring en te help die volgende oggend. Daar was omtrent so 100 mense wat kom kos haal het en geëet het in die kerksaaltjie. 'n Duitse predikant het met die mense gepraat oor God en tussenin vir hulle liedjies gespeel op 'n trompet.



Nog 'n hoogtepunt was die uvongo parkrun wat ons gaan hardloop het... ek en Charma het dit meer gewandel as gehardloop




Ons het daarna omtrent elke strand gaan verken tussen Uvongo en Umzumbe... te lekker!
Die mooiste vir my was die waterval by Uvongo strand. Ek het nie geweet daar is so plek hier nie!





Ons het natuurlik ook 'n ekspidisie aangepak wat nog nie heeltemal in die toerisme boeke staan nie:
Ek het 'n ding raakgelees van Shaka wat Pondoland ingeval het en met sy voorvadergeeste gepraat het vir voorspoed. Hy en sy impis het toe 'n ritueel uitgevoer waar hulle met hulle linkervoet 'n klippie optel, in die regterhand plaas, daarop spoeg en 'n gebed prewel en daarna op 'n hoop pak. Daardie hoop bestaan nogsteeds en al die "locals" weet daarvan en beskou dit as besonder.
Ons het self probeer uitwerk waar dit is, maar kon dit glad nie kry nie... daar is toe 'n ou op Facebook wat vir my 'n kontaknr gee vir iemand by die umzumbe munisipaliteit en hy reël toe dat iemand ons gaan wys waar die hoop klippe lê. Daar is toe 2 hope klippe, wat interessant was. Regtig baie cool om so plek te kon ontdek. Hier is 'n blog post daaroor en ook 'n youtube video.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

The best surfing spots in South Africa along the West Coast (so far)

Verf en verf en verf

Week 51 - Tweede week in Mosselbaai, kuiers in Gauteng en 'n padrit na Stilbaai