Ons het nie baie goed oor op ons lysie van goed wat ons nog wil sien of doen in Kaapstad nie. Ten minste dink ons nie so nie.
Een van die goed is egter om die rooi bus toer te doen. Ons het toe sommer aanlyn bespreek vir 2 dae - Maandag en Dinsdag. Daar is 4 "loops" wat ons kon ry. Die rooi lyn ry so sirkel roete al langs die kuslyn af, die pers roete is so mini wynroete, die blou lyn is die skiereiland roete en die geel een is die middestad een. Ek was verbaas om te sien hoeveel goed ons eintlik alreeds gedoen het sonder om die rooi bus te ry. Wat dit egter nogsteeds lekker gemaak het was dat daar soveel ekstra inligting gegee word oor elke besienswaardigheid. Ons kon meeste van die tyd sommer net sit en ry en luister, sonder om regtig af te klim - want ons was alreeds by die plekke gewees.
In die Rooi Bus
Ons probeer weer om in ons gewoonte te kom om padkos in te pak as ons so rondrits - dit help darem maar regtig met onkostes spaar. So, sakkies gepak het ons toe stad ingevaar Maandag oggend en op die bus geklim by die V&A Waterfront. Dit was reënerig so toe beveel die dame by die busstop aan dat ons die dag die wynroete en die skiereiland roete moet doen. Dit is goed so want dit was nog al die tyd op ons lysie om Groot Constantia te besoek - dit was immers jare terug vir jare lank 'n Cloete plaas gewees! Dit is 'n pragtige plek wat Simon van der Stel se eie plaas was. Ons het die hele toer deur die plaas gedoen en baie dinge geleer oor wyn. Soos dat daar 'n ooreenkoms is dat "sjampanje" net in Frankryk "sjampanje" genoem sal word en hier in Suid Afrika is dit "MCC - Method Cap Classique". Ook dat die groot vate waarin die wyn gestoor is elke keer skoongemaak moes word en dat die mense wat dit moes skoonmaak flou geword het van die alkohol walms. Ons het ook van die lekker wyn geproe en ek het vinnig sleeptong en giggelend besef ek het nog nie van my padkos geëet nie!
Die Cloete-Kelder
Die ander roete het ons verby Campsbay en Clifton tot by die Groenpunt lighuis gevat waar ons eers afgeklim het en in die pragtige park gerus het terwyl die kinders gespeel het
Die Groenpunt lighuis is die oudste een in Suid Afrika
Dinsdag het ons die toer voltooi deur die laaste 2 roetes te ry. Die een in die middestad was lekker al het ons nie afgeklim nie. Die strate het ons alreeds platgeloop - die Kompanjie tuine, Longstreet en die Bo-kaap huisies was nie vir ons nuut nie. Die interessante inligting was wel. Soos dat die see tot teenaan Strand Straat was, en dat al daardie grond herwin is in die 1940's. Daarna het ons die wye draai gery om die stad met die rooi lyn - tot teenaan Tafelberg, en waar die 3 mieliestronke beskryf was as "argitektoniese terrorisme".
Die drie mieliestronke links onder
Ons het die roetes klaargery en toe ry ons self tot by die Groote Schuur hospitaal om die museum te gaan besoek wat oor Dr Chris Barnard en sy baanbreker werk in hartchirurgie gaan. Daar is spesiaal wasfigure gemaak om presies uit te beeld hoe dit daardie dag met die eerste hartoorplanting gelyk het: twee teaters langs mekaar: een waarin sy broer die hart uitgehaal het, en die ander een waar hy self die hart ingesit het. Dit was inspirerend om te hoor hoe hy homself in sy werk uitgeleef het, maar hartseer om te leer hoe sy persoonlike lewe stukkend en eensaam was.
"Die hart van Kaapstad" museum
Ons wou toe graag gaan kyk hoe die Mostert Meul lyk wat langs die snelweg pronk naby die Rhodes memorial (aan die anderkant van die snelweg), maar toe ons daar kom is die plek toe. Blykbaar maak hulle net eenkeer per maand oop, en dit was toe nie die dag gewees nie. Dit is die enigste werkende meul in Suid Afrika.
Die Mostertmeul
Ons het die lekker twee dae afgesluit met 'n piekniek en 'n verlustiging in die sonsondergang op Llandudno strand. Toe sien ons sowaar walvisse!
Llandudno - sonsondergang
Woensdag en Donderdag het ons toe hard gewerk en skoolwerk gedoen, en Charma is sowaar klaar met al haar tweede kwartaal werk! Declan het nog net Engels om klaar te maak - hulle werk so mooi hierdie jaar! Ek het hulle belowe dat as hulle Donderdag klaarmaak met alles sal ek hulle Vrydag verras met 'n lekker uitstappie. Dit het wel beteken dat Declan nog tot 9uur daardie Donderdagaand moes werk om alles klaar te kry, maar hulle was altwee Vrydag opgewonde om te hoor ons gaan bietjie "Cool Runnings" toe. Dit is so oulike plekkie hier in Belville waar jy met 'n karretjie so bietjie verder as 'n kilometer by 'n bult afry(jaag) in so glyplank-tipe baan - dit was heerlik!
Saterdag het ons net die Paarl Parkrun gaan doen en oppad terug het die kar 'n snaakse geluid begin maak... so die linkerkantste agterwiel "caliper" het gebreek. Ons is nou redelik gestrand hier by die huis so vandag het ons heeldag Heidi-episodes saam met die kinders gekyk :-). Dit was darem ook lekker, want dit reën nou heerlik en ons het vir die eerste keer in 'n baie lang tyd DONDERWEER gehoor!
Oppad Paarl toe het ons hierdie mooi lugballon gesien xxxx
The start of the road into Gamkaskloof. If you go straight, you carry on with the Swartberg pass (which is also amazingly beautiful) Warning sign at the start of the road The memorial to the guy who arranged for the road to be built Suddenly none of us had anything left to say. In absolute silence we struggled down the last 10 kms of the 400 metre drop into the kloof. I kept on thinking how great it was that we had bought the Pajero... the Polo would have made the ride a little more...er .... ominous. The winding road down into the kloof Breathtakingly beautiful scenery surrounded us. The barren mountaintops of the Swartberge had transformed into something magically fruitful in the kloof. Beauty on the outside with trembling on the inside made for a feeling of ecstacy only unventured roads can bring. Contrasts everywhere. Nerve-wrecking to say the least. I hate to admit it, but I was glad tha t Mr Cloete ended up coming with on this trip that was mea...
My skoonpa-hulle het 'n plaas in Kwazulu Natal. Hulle bly in die "ark" - 'n plek wat omring is deur berge. Die berge is deel van die Drakensberg-reeks, maar dit is nie die Drakensberge wat almal aan dink van die "instagram-posts" nie. In hierdie wêreld is die landskappe plase, maar eerder as landbou is dit meestal beesboerderye. Die beeste loop paadjies uit in die klowe en op die kruine van die berge en daar is baie fonteine en spruite en watervalle wat nie op googlemaps se voorstelle sal opkom as jy staproetes soek vir die dag nie. Ek het al dikwels so op die stoep gesit en staar vir die mooi landskap en gedink om myself voor te neem om op elke berg of bult wat ek van die huis af kan sien, te kan staan eendag. Ek hou van stap. Nie dat ek vreeslik "hard core" is nie. Ek hou net van die gevoel van stadig maar seker hoër en hoër teen die steiltes uitsukkel en dan uiteindelik beloon te word met 'n mooi uitsig. 'n Ander gesigspunt. 'n Nuwe ...
Declan is nou 13. Hier aangekom in Jbay besef ek dat die volgende paar jaar 'n nuwe tipe avontuur vir ons almal gaan inhou. Die golfies in die see is maar klein die week hier in die Jbay (soos dit maar is in die somermaande) so daar word branderplank gery - maar nie so baie soos voorheen nie. Dit is ook maar goed vir ons Cloetes, want 2 maande weg van die see af laat jou selfvertroue vlakke in die water maar bietjie daal. (Of dalk "sink" dit eerder in water?) So gaan sit ons noudiedag - noudat oom Cyril die strande weer oopgemaak het - op die strand vir 'n "sundowner"-tjie, en sommer ook 'n vinnige swem. Die meisies dip net so vinnig in die vlak water, maar die manne besluit om dit dieper in te durf. So hou ek hulle dop - ek en Pieter en Candice sit op die strand en gesels, terwyl Corné, sy seun en Declan swem. Alhoewel die see nie te rof was nie, was ek onseker of my seun so ver kan swem. 'n Mens verdrink mos gewoonlik in die see omdat jy uitgeput ...
Opmerkings