Week 47 - Lessies om te leer
Ek het 'n fout gemaak.
Ek het gedink Declan is klaar met sy eerste kwartaal se werk, en toe is hy nie. Die asseserings is gemerk 1.1, 1.2, 1.3 ens. - per vak en al die ander vakke was die eerste kwartaal werk "1-punt iets" en die tweede kwartaal "2 punt iets".... nouja. Impaq het toe besluit met Afrikaans en Engels werk dit nie so nie. Dit kom ek toe met 'n skok agter. Dit beteken dat ek presies die helfte van die Afrikaanse en Engelse asseserings nie klaargemaak het met Declan nie.
Met meeste van hierdie tipe goed is dit net ek wat daaroor bekommerd is. (Arme ek.) Declan is net bekommerd daaroor want dit beteken ek is kwaaier en ongeduldiger. Nie regtig omdat hy vreeslik bekommerd is oor skoolwerk nie. As dit van hom afgehang het, was dit heeltemal oraait dat die asseserings nie gedoen is nie. Meer tyd vir speel.
Maar wanneer die mamma van die huis uigestress is oor iets, verander die hele huishouding in een bolletjie stress. Ons vrouens is mos van nature die lewe-gewers van die huishoudings. Selfs ons lywe doen dit wanneer nuwe babas gebore word. Soveel te meer met die atmosfeer in die huis. En as die mamma opgestress is, dan is die lewe moeilik en onregverdig. Daarom werk hy toe maar so hard as wat hy kan om te kyk of hy my kan tevrede hou.
Wat dinge bietjie erger gemaak het is toe 2 dinge:
1. Die kar was nog nie reg om mee te ry nie en ons stap in die berge het ook uitgereën;
2. Die dreine is verstop. Wat 'n k@kspul...
Nouja, deur die dae wroeg ons toe, en sonder dodelike beserings kom ons toe aan die anderkant van Woensdag uit. Ons vriende van Hermanus het ons genooi om die kinders te vat om te gaan trampoline spring en ek het "nee" gesê, soos dit 'n goeie lysie-aftik-mens betaam. Hoe anders gaan ons voor die einde van die maand klaarmaak met die eerste kwartaal se werk?
Donderdag-oggend word ek vroeg wakker met 'n boodskap in my hart - gaan spring trampoline! Hoe vreemd is dit! Goddelike inspirasie is mos eintlik altyd groot en vreeslik belangrik, en dit moet ten minste nasies red en die wêreld verander. 'n Mens versit berge en maak riviere in woestyne deur inspirasie en inspraak van Bo. Maar die gedagte bly in my hart en ek volg dit toe maar. Dit was heerlik. Die kinders kon speel totdat hulle bloedrooi in hulle gesigte kon terugkeer en vra vir water. Ons het uit die huis uit gekom en tyd met vriende spandeer.
My lessie vir die week is dit: die Groot Gewer van goeie gedagtes en drome dink ook dat dit belangrik is om die kinders te vat om te gaan speel. Selfs belangriker as Engelse en Afrikaanse asseserings.
Ons het darem ook ander lekker dinge gedoen die week. Gister het ons gesien die weer is goed en ons is Muizenberg toe om weer branderplank te gaan ry, en more sal ons weer probeer om daai staproete aan te pak wat ons gemis het laasweek.
Die Here is goed.

Speeltyd vir Charma |

Hierdie glimlag kom nie deur Afrikaanse en Engelse asseserings nie :-) |
My lessie vir die week is dit: die Groot Gewer van goeie gedagtes en drome dink ook dat dit belangrik is om die kinders te vat om te gaan speel. Selfs belangriker as Engelse en Afrikaanse asseserings.
Ons het darem ook ander lekker dinge gedoen die week. Gister het ons gesien die weer is goed en ons is Muizenberg toe om weer branderplank te gaan ry, en more sal ons weer probeer om daai staproete aan te pak wat ons gemis het laasweek.
By Muizenberg |
Die Here is goed.
Opmerkings